X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

NUUS

Prof Marlene Verhoef,

registrateur

ONTMOET ONSADJUNK-VISEKANSELIERSOP DIE KAMPUSSE 

ONTMOET ONS UITVOERENDE DEKANE 

 

 

Fakulteite is nou vaartbelyn

 

Soos julle seker teen dié tyd weet, het ons ons voormalige 15 fakulteite na agt gekonsolideer, elkeen met ’n uitvoerende dekaan aan die hoof. Verskeie plasings is gemaak, van hulle as waarnemende uitvoerende dekane en van hulle as adjunkdekane waar ’n fakulteit ʼn voetspoor op meer as een kampus het.

 

 

Topspan gereed om die toekoms aan te pak

Sterk, visionêre leierskap en ’n bemagtigende struktuur is die sleutel tot die implementering van ’n nuwe strategie. Met hierdie besef het die NWU Raad onlangs ’n paar belangrike senior aanstellings by die universiteit gemaak.

 

Prof Robert Balfour,
adjunk-visekanselier
vir onderrig en leer

 

Prof Refilwe Phaswana-Mafuya,
adjunk-visekanselier
vir navorsing en innovasie

Aangesien ons kernbesigheid onderrig-leer en navorsing is (met gemeenskapsbetrokkenheid by hierdie aktiwiteite ingeweef), was twee van die belangrikste poste om te vul dié van adjunk-visekanselier (AVK) vir onderrig en leer, en adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie.

 

Nadat hierdie twee poste geadverteer is, het die Raad die aanstelling van prof Robert Balfour as AVK vir onderrig en leer, en prof Refilwe Phaswana-Mafuya as AVK vir navorsing en innovasie goedgekeur.

 

Voor hulle nuwe aanstellings het Robert (voorheen die dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe in Potchefstroom) as AVK vir onderrig en leer waargeneem, terwyl Refilwe die waarnemende uitvoerende direkteur vir die MIV/Vigs/STI/TB (HAST)-navorsingsprogram by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) was.

 

Kampusse in bekwame hande

 

Ander sleutelaanstellings wat die Raad gemaak het, is dié van die AVK’s verantwoordelik vir kampusbedrywighede. Behalwe om aan die stuur te wees van die daaglikse funksies van die spesifieke kampusse, vervul hierdie AVK’s ook sekere funksies vir die universiteit as geheel.

 

Prof Fika Janse van Rensburg, voormalige rektor van die kampus in Potchefstroom, is verantwoordelik vir kampusbedrywighede in Potchefstroom en sal tot 31 Desember 2018 in daardie hoedanigheid diens doen. Hy is ook aangewys as die NWU se adjunkhoof tot aan die einde van 2017. Dit beteken dat hy ook die pligte van die visekanselier sal uitvoer as laasgenoemde nie beskikbaar is nie.

 

Prof Linda du Plessis is die tweede van die drie AVK’s op die kampusse. Sy was die voormalige viserektor vir akademie, kwaliteit en beplanning op die kampus in Vanderbijlpark, waarna sy amper twee jaar lank die waarnemende rektor van daardie kampus was.

 

Die derde AVK, wat vir kampusbedrywighede in Mahikeng verantwoordelik sal wees, sal aangestel word sodra die pos geadverteer is. Hierdie persoon sal prof Mashudu Davhana-Maselesele vervang, wat die rektor van die kampus in Mahikeng was, maar nie meer in diens van die NWU is nie.

 

Uitvoerende direkteurs neem leiding

 

Behalwe die vyf AVK’s is daar ook ’n registrateur, prof Marlene Verhoef, en vier uitvoerende direkteure.

 

Die registrateur en drie van hierdie uitvoerende direkteure vul steeds die poste wat hulle voor die implementering van die nuwe struktuur gehad het. Die uitvoerende direkteure is Elmarie de Beer (finansies en fasiliteite), Kedirang Oagile (mense en kultuur) en Clement Manoko (korporatiewe verhoudinge en bemarking).

 

Die vierde uitvoerende direkteur, in ’n nuwe pos met studentelewe as portefeulje, is prof Lumkile Lalendle, wat voorheen die viserektor vir onderrig-leer en kwaliteitsversekering op die kampus in Mahikeng was.

 

“Ek wil graag die aangestelde kollegas gelukwens,” sê prof Dan Kgwadi, visekanselier. “Ek glo vas hulle het almal die insig om die universiteit se strategie van transformasie en posisionering van die NWU as ’n unitêre instelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ’n toewyding aan maatskaplike geregtigheid te verseker. Ons sal saam in staat wees om die NWU tot groter hoogtes te voer.”

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

ONTMOET ONS UITVOERENDE DIREKTEURE:

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

Topspan

NWU & U