X

Voorblad

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

FOTO: Nacia Kruger

NUUS

Conrad de Swardt is die trotse afrigter van die NWU-krieketwêreldkampioene, maar hy is oortuig dat die klub se sukses nie net aan sy insette toegeskryf kan word nie.

“Hierdie klub sou nie hierdie sukses kon behaal het sonder die toewyding van Niel Bredenkamp, Pieter Knoetze en Walter Fokkens nie. Hulle het ’n ongelooflike werksetiek en ’n onwrikbare verbintenis tot die klub. Alle krediet aan hulle ook.”

Op pad na sukses Volgens Conrad was dit ’n ervaring om te onthou: “Dit klink amper ’n bietjie eienaardig om die beste universiteitskrieketspan in die wêreld genoem te word. Dit het baie harde werk gekos om hier te kom – dit was ’n drie- tot vierjaarproses om hierdie span te omvorm tot wat dit nou is. Ek dink die wonderlikste ding is om te sien hoe seuns in jong, verantwoordelike mans ontwikkel het wat nou in die T20 Wêreldliga gaan speel. “Ek kan eerlikwaar sê die NWU en Tuks is, uit ’n universiteitsperspektief, die twee topklubkrieketspanne in die wêreld. In die meeste krieketspanne is daar vyf of ses spelers op wie jy staatmaak om die wedstryd deur te haak. “Ons het ’n span van 13 spelers op wie ons kan staatmaak. Maar dit is 20-beurtkrieket – enigiets kan gebeur. Een speler kan ’n span verander. Dit was ’n moeilike uitdaging en ek is uiters trots op die manier waarop die ouens as ’n span saamgewerk het.”
Krieketspan as wêreldkampioene gekroon

“Beste in die wêreld”. Hierdie titel word aan net ’n uitgelese groep gegee en is ’n getuigskrif van jou toewyding aan jou kuns. Of dit nou voor of ná die naam kom, vanaf 16 September tot aan die begin van die volgende Varsity Krieket-toernooi vroeg in 2018, is dit hoe die NWU se krieketspan bekend sal staan.

Dít is nadat NWU-afrigter Conrad de Swardt se span hulle Varsity Krieket-kroon aangevul het deur die Red Bull Kampuskrieket Wêreldeindrondte in Colombo, Sri Lanka te wen.

Spelers van Suid-Afrika, Australië, Pakistan, Indië, Sri Lanka, Bangladesj, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe het aan die toernooi deelgeneem.

Die NWU, wat Suid-Afrika amptelik verteenwoordig het, het hulle eilandgashere maklik genoeg in die eindrondte geklop deur hulle totaal van 121 almal uit in net 15.2 boulbeurte te bereik. Die NWU het hulle veldtog begin met ’n naelbyt-oorwinning van ses paaltjies oor Australië voordat hulle Indië (72 lopies), Pakistan (76 lopies) en Bangladesj (sewe paaltjies) geklop het.

Janneman Malan het die meeste lopies in die toernooi aangeteken (259) en was ook die kompetisie se waardevolste speler. Volgende op die lys was die NWU-ster Wihan Lubbe, met 152 lopies en die toekenning as die derde waardevolste speler. Die NWU se Dyllin Matthews het die meeste paaltjies geneem, met 12 op sy kerfstok.

Draaiballe in Sri Lanka Die toestande in Sri Lanka was ’n unieke en ietwat onvoorspelbare hindernis. “Ons het verwag dat die kolfblad baie gaan draai en dat die bal laag gaan bly. Die bal het wel gedraai, maar ons kon die kort bal uitstekend gebruik, die tempo van die kolfblad was redelik en ons ouens het baie slim geboul,” sê Conrad. “Dit is egter moeilik om die humiditeit te beskryf. Dit is soos Durban, maar met drie vermenigvuldig. Ons moes twee stelle toerusting per wedstryd gebruik omdat die spelers soveel sweet. Daarby het dit ’n rukkie geneem om aan die kos gewoond te raak.” Die eindrondte was ook vir Conrad ’n persoonlike oorwinning en ’n bevestiging van sy geloof in die spelers. “Toe ons vroeër hierdie jaar die Varsity Kriekettoernooi in Potchefstroom gewen het, was daar ’n geweldige gevoel van verligting omdat dit die derde probeerslag op ons tuisveld was. Vir my persoonlik was dit ’n surrealistiese ervaring. Ek het al soveel nagte om gedink oor hoe ons die klub sterker kon maak. Nou het ons twee trofeë in die kas.” Plaaslike kampioene en wêreldkampioene. Mens kan nie help om te wonder waar die NWU sou wees as daar op Mars krieket gespeel is nie...

die NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

Draaiballe in Sri Lanka Die toestande in Sri Lanka was ’n unieke en ietwat onvoorspelbare hindernis. “Ons het verwag dat die kolfblad baie gaan draai en dat die bal laag gaan bly. Die bal het wel gedraai, maar ons kon die kort bal uitstekend gebruik, die tempo van die kolfblad was redelik en ons ouens het baie slim geboul,” sê Conrad. “Dit is egter moeilik om die humiditeit te beskryf. Dit is soos Durban, maar met drie vermenigvuldig. Ons moes twee stelle toerusting per wedstryd gebruik omdat die spelers soveel sweet. Daarby het dit ’n rukkie geneem om aan die kos gewoond te raak.” Die eindrondte was ook vir Conrad ’n persoonlike oorwinning en ’n bevestiging van sy geloof in die spelers. “Toe ons vroeër hierdie jaar die Varsity Kriekettoernooi in Potchefstroom gewen het, was daar ’n geweldige gevoel van verligting omdat dit die derde probeerslag op ons tuisveld was. Vir my persoonlik was dit ’n surrealistiese ervaring. Ek het al soveel nagte om gedink oor hoe ons die klub sterker kon maak. Nou het ons twee trofeë in die kas.” Plaaslike kampioene en wêreldkampioene. Mens kan nie help om te wonder waar die NWU sou wees as daar op Mars krieket gespeel is nie...
Krieketspan as wêreldkampioene gekroon
Op pad na sukses Volgens Conrad was dit ’n ervaring om te onthou: “Dit klink amper ’n bietjie eienaardig om die beste universiteitskrieketspan in die wêreld genoem te word. Dit het baie harde werk gekos om hier te kom – dit was ’n drie- tot vierjaarproses om hierdie span te omvorm tot wat dit nou is. Ek dink die wonderlikste ding is om te sien hoe seuns in jong, verantwoordelike mans ontwikkel het wat nou in die T20 Wêreldliga gaan speel. “Ek kan eerlikwaar sê die NWU en Tuks is, uit ’n universiteitsperspektief, die twee topklubkrieketspanne in die wêreld. In die meeste krieketspanne is daar vyf of ses spelers op wie jy staatmaak om die wedstryd deur te haak. “Ons het ’n span van 13 spelers op wie ons kan staatmaak. Maar dit is 20-beurtkrieket – enigiets kan gebeur. Een speler kan ’n span verander. Dit was ’n moeilike uitdaging en ek is uiters trots op die manier waarop die ouens as ’n span saamgewerk het.”

CONTENTS

NWU & U