X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Redaksioneel

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling

Grafiese Dienste

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Vir verdere navrae/korrespondensie

Nelia Engelbrecht

tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Susan van Rooyen (Mahikeng)   susan.vanrooyen@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Almal baat deur te gee

Beste alumni

 

Hierdie uitgawe van die NWU & U is weereens volgepak met artikels oor die aktiwiteite en prestasies van die NWU en sy alumni.

 

Onderwerpe wissel van nuwe senior aanstellings, navorsingsuitnemendheid en woordvoerders van die universiteit wat toekennings ontvang, tot by alumni wat leiersrolle in Suid-Afrika en Afrika vervul en mense se lewens verbeter.

 

As jy die artikels in hierdie uitgawe lees, is daar geen twyfel nie – ons alumni ploeg die kennis wat hulle by die NWU opgedoen het terug tot voordeel van die mensdom. Hulle begin en bestuur welsynsorganisasies, skryf boeke, neem hulle plekke onder jong Afrika-leiers in, blink uit as Suid-Afrika se beste mensehulpbronpraktisyns en onderwysers, en hou die leisels by Suid-Afrikaanse universiteite.

 

In die artikel “Dit is ’n wen-wen-situasie” beklemtoon dr Sammy Thekiso, die voorsitter van die NWU Konvokasie, die belangrikheid daarvan dat alumni die universiteit ondersteun en daarby betrokke moet wees. Dit het te doen met daardie pragtige deel van die mens se gees wat ons aanmoedig om “terug te gee” en “aan te gee”.

 

’n Vinnige soektog op die internet toon dat talle alumni van bekende universiteite dit doen. Julle sal waarskynlik ’n paar name onder die beroemde alumni herken, wat wissel van film- en sportsterre, tot skrywers, politici en wetenskaplikes.

 

Harvard Universiteit in die VSA tel byvoorbeeld vir Mark Zuckerberg, John F Kennedy, Al Gore en Matt Damon onder sy meer as 300 000 alumni wat in 200 lande woon. Beroemde alumni van Cambridge Universiteit in die Verenigde Koninkryk sluit in Stephen Hawking, Isaac Newton, Charles Darwin, John Milton en Oliver Cromwell, terwyl die Sourbonne (die Universiteit van Parys) alumni opgelewer het soos Marie en Pierre Curie, Johannes Calvyn, Voltaire, Francois Mitterand en Emmanuel Macron.

 

Moenie die volgende uitgawe van die NWU & U misloop nie, aangesien ons gaan aankondig wie die 2017 NWU-alumnitoekennings ontvang het.Net soos die wêreld se groot universiteite erkenning gee aan hulle alumni wat ’n verskil maak, vier ons ook ons buitengewone alumni met hierdie toekennings.

 

Lekker lees.

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U