X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

PROFIele

Prof Chris de Beer (bo), visekanselier van die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe Universiteit, en prof Henk de Jager, visekanselier van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (onder), is albei NWU-alumni.

Alumni blink uit as

visekanseliers

Twee NWU-alumni staan nou aan die stuur van twee Suid-Afrikaanse universiteite.

Prof Henk de Jager is onlangs as visekanselier en prinsipaal van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) in Bloemfontein aangestel, terwyl prof Chris de Beer as die heel eerste visekanselier van die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe Universiteit in Ga-Rankuwa, Tshwane aangestel is.

 

Klik op die blokkies hieronder om te lees oor die loopbane wat hierdie twee visekanseliers vir hulself in die hoëronderwyssektor uitgekerf het.

 

 

 

 

Regsgeleerde lei nou universiteit vir gesondheidswetenskappe

Rugbyspeler wat "altyd laat was vir klas” is nou ’n visekanselier

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U