X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

nuus

 

Onthou ʼn knap woordvoerder

 

’n Toekenning van waardering is postuum gemaak ter erkenning van die bydraes wat wyle prof Andre Mellet oor baie jare gemaak het om die NWU se mediaprofiel te verhoog. Annatjie Mellet, sy vrou, het die geleentheid bygewoon en die toekenningsertifikaat ontvang.

 

Klik op elke naam om meer oor die kategoriewenners te lees.

 

NWU-kundiges deel woorde van wysheid

Dit is die moeite werd om wyse woorde in die media te deel, en die NWU se topwoordvoerders kan daarvan getuig. Die universiteit het sy jaarlikse Woordvoerders van die Jaar-toekenningsaand vir die 2016-tydperk op Donderdag, 27 Julie 2017 gehou.

Die NWU se topwoordvoerders vir 2016 is dr David Spies (Aansporingstoekenning), Theo Venter (derde plek vir die algehele toekenning), prof André Duvenhage (tweede plek vir die algehele toekenning), prof Abel Pienaar (Nuwe Stem van die NWU), prof Raymond Parsons (wenner van die algehele toekenning, Meeste Aangehaal in die Aanlyn Media asook Meeste Aangehaal in die Uitsaaimedia), prof Melville Saayman (Skielike Styging in Mediadekking), prof Eva Manyedi (Aansporingstoekenning) en prof Danie Meyer (Aansporingstoekenning).

Akademici van verskeie fakulteite het erkenning ontvang vir hulle positiewe bydrae tot die medialandskap om die instelling se naam te bevorder.

 

Prof Raymond Parsons van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere weggestap as die persoon wat die meeste aangehaal is.

 

Raymond is gedurende 2016 altesaam 465 keer in die media aangehaal en het ’n wisseltrofee en prysgeld vir sy kundige bydraes ontvang.

 

“Ek is baie dankbaar vir die erkenning. Soos met alle vorms van erkenning is daar altyd ’n span binne en buite die universiteit wat hierdie dinge moontlik maak en ek is baie dankbaar teenoor hulle.”

 

NWU-kundiges word dikwels aangehaal

 

Die NWU is trots op die uitmuntende gehalte van sy kundiges, wie se kennis ook deur die media waardeer word. Dit kan gesien word in die duisende vermeldings, onderhoude en aanhalings wat gereeld in koerante, die aanlyn media en op radio en televisie aan personeel toegeskryf word. In 2016 is ’n totaal van 2 419 media-items gepubliseer waarin NWU-kundiges aangehaal is of mee onderhoude gevoer is.

 

Die Woordvoerders van die Jaar-geleentheid beloon nie net toppresteerders nie, maar gee ook erkenning aan diegene wat huishoudelike name begin word, asook aan personeel wat die mediaruimte betree.

 

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U