X

Voorblad

 

Die gewilde musiekblyspel Fame is op 30 en 31 Augustus en op 1 en 2 September in die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom opgevoer en watter opwindende, onvergeetlike fees vir die sintuie was dit nie!

Die kreatiewe span verantwoordelik vir Fame, naamlik lede van Artéma, Alabama Produksies en NWU Potch Kunste, het die gehoor getrakteer op ’n reis vol wonderlike uitvoerings deur talentvolle kunstenaars, wat studente en dosente ingesluit het.

 

Alumna Nacia Kruger het hierdie opwindende produksie geregisseer en gechoreografeer, terwyl Pieter de Bruin, die kunsdirekteur van die Artéma-opname-ateljee, in beheer van die musiek was. ’n Orkes met nege musikante het die begeleiding verskaf.

Op die voorbladfoto dans Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) met Lyrinda Venter (in die rol van die balletdanser Iris Kelly).

 

FOTO: Nacia Kruger

 

 

 

Ontdek die NWU

Ontdek die One Button Studio

In hierdie uitgawe gaan kuier ons by die One Button Studio op die kampus in Vanderbijlpark. Dit is ’n is ’n vereenvoudigde, selfdiens- en geoutomatiseerde video-opname-stelsel wat enigeen kan benut sonder om vooraf enige videoproduksie-ervaring te hê.

 

’n Tweede One Button Studio is onlangs op dieselfde kampus  geopen om die gebruikersvriendelike, dog baie moderne oudiovisuele toerusting binne bereik van elke student en personeellid gebring. Klik hier om meer hieroor te lees.

Kyk na die video hier langsaan om meer te wete te kom oor hierdie twee ateljees wat steeds die enigstes in Afrika is.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

CONTENTS

NWU & U