Vroueboks word al hoe gewilder op die kampus in Mahikeng, met al hoe meer geesdriftiges wat elke jaar hierdie sport, wat deur mans oorheers word, na groter hoogtes voer.

Die NWU se vroueboksspan het tydens die Universiteite Sport Suid-Afrika-toernooi (USSA-toernooi) wat vanaf 2 tot 4 Desember 2019 in Secunda gehou is, USSA se nasionale kampioenskapstitel behou.

Agt vroueboksers het aan die toernooi deelgeneem en met vyf goue, twee silwer- en een bronsmedalje huis toe gekom. Al agt is ook vir USSA se nasionale span gekies wat die land later hierdie jaar in Lesotho gaan verteenwoordig.

Verder oorheers lede van die NWU se vroueboksspan Noordwes se elite boksspan, wat die provinsie se sportvrou van die jaar in 2019 opgelewer het.

Hou vir hou die beste

Die span spog ook met die eerste vroue-afrigter wat die USSA-bokskampioenskap gewen het, en die eerste vrou wat dit in 2019 behou het. Afrigter Onalenna Tsae, wat ook die kampus se mansboksspan afrig, is USSA se nasionale boksafrigter.

Onalenna is as die beste USSA-boksafrigter vereer vir ’n rekord van drie agtereenvolgende jaar, van 2017 tot 2019, en as die beste afrigter in Noordwes in 2018 en 2019.

Sy sê dit het deursettingsvermoë en toewyding gekos om bo uit te kom as boksafrigter in ’n sport wat nog steeds deur mans oorheers word.

“Ek het die uitdagings van die provinsie aangepak met die wete dat ek nie net ’n vrou is nie, maar ook die jongste afrigter is,” sê Onalenna.

Nog ’n kishou-slaner

Lemogang Moote, ’n lid van die NWU se vroueboksspan, het ook deur die geslagsgrens gebreek. Sy is die voorsitter van die NWU se boksspan en voorsitter van die atletekommissie van Noordwes se Oop Boksorganisasie (NWOBO).

Sy is in 2017 by die kampus in Mahikeng se sporttoekennings as die sportvrou van die jaar aangewys en het as nuweling van die jaar by Noordwes se provinsiale toekennings vir 2017 die silwermedalje verower.

Lemogang het ook in 2017, 2018 en 2019 die USSA-kampioenskap gewen, en was vir 2018 en 2019 Noordwes se provinsiale speler van die jaar in boks. Lemogang het reeds nege oorwinnings behaal en het vyf keer verloor.

Benewens hul oorwinnings in die kryt, sê die NWU se vroueboksers hul hoofdoelwit is om die stereotipes wat steeds in die wêreld van boks bestaan, uit te daag. Moenie ’n fout maak nie, boks is ook vir vroue bedoel.

Hierdie vroueboksers het 2019 se USSA-bokstoernooi oorheers.

Die NWU se vroueboksers kan ’n uitklophou plant – binne en buite die kryt. Hulle wen toekennings en slaan al die wanopvattings dat boks ’n sport vir mans in, die nek in.

NWU- VROUEBOKSERS

is baas in die kryt

Beweeg oor die foto's om meer te lees.

NWU-sportbestuurder Rick van Rooyen wens Lemogang Moote geluk toe sy in 2017 die Sportvrou van die Jaar-toekenning gewen het.
Afrigter Onalenna Tsae gee tydens ’n bokswedstryd instruksies aan ’n NWU-bokser.