Prof Raymond Parsons van die NWU Besigheidskool het hierdie eerbewys op 24 Februarie in Worcester ontvang.

 

Hy het erkenning ontvang saam met ander prominente voormalige inwoners soos Nobelpryswenner vir letterkunde JM Coetzee, kultuur- en menseregtekampioen dr Danny Titus, legendariese sanger David Kramer, skrywer en digter Diana Ferrus, en wyle regter Thembile Skweyiya.

 

Dit het met ’n vraag begin

 

Om deur die mense van Worcester vereer te word, het spesiale betekenis vir Raymond, aangesien hy glo sy grootwordjare in dié dorp het sy lewe en sy loopbaan gevorm.

 

“Toe ek ’n jong seun van ongeveer 10 jaar oud was wat in die Wes-Kaap gewoon het, het my pa – wat ’n suksesvolle plaaslike sakeman en boer was – my op ’n besoek aan die plaaslike township saamgeneem.

 

“Toe ek so rondkyk, het ek vir hom gevra: ‘Hoekom is hierdie mense so arm?’ Hy het geantwoord: ‘Ek weet nie, jy moet ’n ekonoom wees om dit te kan verduidelik.’ ‘Wel,’ het ek blykbaar geantwoord, ‘dan wil ek ’n ekonoom word.’”

 

Dit was die oorsprong van sy lewenstaak. Hy het die grootste gedeelte van sy skoolloopbaan in Worcester deurgebring en sy hoërskoolloopbaan by Hoër Seunskool Worcester voltooi, waar hy die Maskew Miller-prys vir sy akademiese prestasie ontvang het. “Dit en my buitengewone onderwysers het aan my die selfvertroue gegee om my opvoeding voort te sit.” Hy het daarna ekonomie aan die universiteite van Kaapstad, Oxford en Kopenhagen bestudeer.

 

“Ek het baie geleer terwyl ek in Worcester gewoon het. Ek het byvoorbeeld geleer om volkome tweetalig te wees – ’n vaardigheid wat my uiteindelik na die NWU in Potchefstroom gelei het.”

 

Geskiedenis help jou om oplossings te vind

 

Nog ’n waardevolle les wat hy op skool geleer het, is die belangrikheid van hervorming en die skep van sosiale dialoog in ’n diverse samelewing.

 

“My geskiedenisonderwyser het daardie saadjies by my geplant. Ek het gou besef ’n mens kan nie die beste oplossings vir die toekoms identifiseer sonder ’n goeie kennis van die land se geskiedenis nie. Die leer van geskiedenis op skool het my op ’n pad geplaas wat my lewe en my loopbaan gevorm het – ’n pad wat nog nie klaar geloop is nie.”

 

Raymond sê as inwoner van Gauteng kan hy nie dikwels in Worcester gaan kuier nie. Die toekenningseremonie was dus vir hom ’n wonderlike geleentheid om nie net weer bande met die dorp en sy mense te smee nie, maar om hulle ook te bedank vir die rol wat hulle in sy lewe gespeel het.

 

* Die toekenningseremonie was deel van die Breede Vallei se gemeenskapsviering van die 200-jarige bestaan van die dorp Worcester sedert dit deur Lord Charles Somerset gestig is. Dié week lange fees het van 24 Februarie tot 1 Maart plaasgevind.

 

 

 

 

Raymond het ses boeke oor die Suid-Afrikaanse ekonomie geskryf. Die jongste, Good Capitalism, Bad Capitalism: The Role of Business in South Africa, het hy saam met Ali Parry, senior navorser by die NWU se TRADE-navorsingsfokusarea, geskryf.

 

Die plek wat ’n seun in sy vormingsjare geïnspireer het om ’n gevierde ekonoom te word, het hom vereer met die hoogste toekenning wat ’n munisipaliteit aan ’n individu kan maak – die vryheid van die dorp.

Prof Raymond Parsons het die Vryheid van Worcester op 24 Februarie 2020 ontvang. By hom is legendariese sanger, David Kramer, wat met dieselfde toekenning vereer is.

NWU-ekonoom met die

‘Vryheid van Worcester ’ vereer

 

Een van die NWU se bekende akademici, prof Raymond Parsons, is ’n gerespekteerde ekonoom wat dikwels op die TV en oor die radio oor die ekonomiese en beleidsonsekerheid in Suid-Afrika praat.