Sien video hieronder.

 

Deel in die afwagting en opgewondenheid van die 2020-eerstejaars toe hulle hul eerste treë op ons kampusse gegee het.

Die amfiteater op die kampus in Potchefstroom is volgepak tydens die ontvangs van die eerstejaars.

Hoof en visekanselier prof Dan Kgwadi spreek die eerstejaars en hul ouers toe tydens die ontvangsgeleentheid in Potchefstroom.

Hoof en visekanselier prof Dan Kgwadi het die eerstejaars op al drie kampusse verwelkom. Hy het ouers vir hul betrokkenheid geloof en hulle verseker dat die kampusbestuur voortaan as ouers “in loco” sal optree. (Dit beteken hulle staan in as ouers terwyl die studente in die NWU se sorg is.)

Hy het gesê almal is saam verbind tot die akademiese sukses van die NWU en daarom is elke student se akademiese prestasie ʼn prioriteit vir die kampusgemeenskap. Hy het ouers ook hartlik uitgenooi om oor drie jaar hul kinders se gradeplegtighede by te woon.

Daar is vanjaar *3 713 eerstejaars op die kampus in Mahikeng, *4 907 op die kampus in Potchefstroom en *1 686 op die kampus in Vanderbijlpark. Elk van die agt fakulteite het hul maksimum getalle bereik.

Die Evasgeslag neem vanjaar weereens die voortou met sowat 58% van die eerstejaars wat vroue is. Van die totale getal eerstejaars is 67% swart, 28% wit, 4% bruin en 1% Indiërs.

* Soos op 17 Februarie 2020.

As daar al ooit ʼn teken was van die hoë aansien wat ʼn graad by die NWU geniet, is dit die meer as 100 000 aansoeke wat van voornemende eerstejaarstudente vir 2020 ontvang is. Slegs ʼn tiende van hierdie  aansoeke is aanvaar, wat neerkom op *10 302 eerstejaars.

Welkom, eerstejaars!