Jou longe is vol rook en jou oë traan. Jy kan skaars jou kollegas voor jou deur die digte rookwolke sien terwyl julle die brandende gebou ontruim.

 

Die beskrywing hierbo is ’n voorbeeld van ’n noodgeval wat ons enige tyd kan tref. In sulke gevalle is die veiligheid van al die NWU se studente, personeel en ander belanghebbers ’n prioriteit.

 

Volgens die waarnemende veiligheidsbestuurder, Phakama Heshu, beklemtoon die beleid vir beroepsgesondheid en veiligheid die belangrikheid daarvan om mense oor risikobestuur en gesondheids- en veiligheidsbeginsels in te lig en op te lei. So word die gesondheid en veiligheid van werknemers, studente en ander belanghebbers bevorder.

 

“Die universiteit is aan verskillende tipes potensiële noodgevalle blootgestel, en dit is belangrik om altyd voorbereid en ingelig te wees oor hoe om in hierdie situasies op te tree,” sê Phakama.

 

Die video regs vertel vir ons wat om in die geval van ’n brand op die kampus te doen.

 

 

Wees voorbereid …  Kyk na hierdie video om seker te maak jy ken die noodontruimingsprosedure as daar ’n brand in jou gebou uitbreek.

Slaggereed as ’n ramp ons tref

Dit is ons

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260