PROFIELE

Noleen saam met haar honde, Benji en Jessie.

Honde-herrie? Kry vir woef ’n gedragskundige!

Die tweejarige pekinees, Steve, glo hy is die een wat die septer swaai. Dit lyk nie of enigiets hom onderkry nie … tot daardie eerste donderslag rammel, dan verander hy in ’n bewende bolletjie hare wat onder die bed probeer wegkruip.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Hondeliefhebber Noleen se tyd as redakteur van AnimalTalk-tydskrif het haar soos ’n handskoen gepas.

Noleen fasiliteer die Paws in the City Puppy Academy in Johannesburg vir klein hondjies tussen die ouderdom van drie en 16 weke. Dié opleiding vir haar baie belangrik, aangesien dit wat in hierdie tydperk met ’n klein hondjie gebeur, die res van sy lewe kan beïnvloed.

 

Vyf feite oor Noleen

 

Noleen het twee honde: Benji (’n chihuahua) en Jessie (’n Chinese poeierkwas-kuifhond), en ’n kat, Joey.

Haar gunstelingdosent was wyle Gretel Wybenga van die Skool vir Tale.

In haar motor luister sy na alternatiewe rock, metal en Gotiese musiek uit die tagtigerjare.

Haar gunsteling-stokperdjie is lees.

 

Noleen glo alle honde het die potensiaal om opgelei of gerehabiliteer te word. Daar is egter ’n geweldige verskil tussen ’n hond wat geleer word om te sit en ’n hond wat voorheen mishandel is, wat geleer word om mense te vertrou.

 

Hondegedragskundige Noleen Fourie sê hierdie gedrag kan met behulp van leerteorie reggestel word, sonder dat enige onaangename metodes of  toerusting gebruik word.

 

Steve se vrees is ’n algemene gedragsprobleem onder diere, sê sy. “Net soos mense vreessnellers soos hoogtes, openbare toesprake en selfs spinnekoppe het, het honde dit ook. Vir honde is die grootste vreessnellers donderweer, vuurwerke, harde geluide, reis, en alleen wees.”

 

Van tydskrifredakteur tot hondegedragsadviseur

 

Noleen, wat aan die hoof is van die Paws in the City-inisiatief, is ’n trotse alumna van die NWU se kampus in Vanderbijlpark, waar sy haar BA-graad en nagraadse onderwyssertifikaat verwerf het.

 

“Jy kan seker sê ek het die skilderagtige roete geneem tot waar ek vandag is,” lag Noleen. Langs die pad was sy onder andere ’n Afrikaans-onderwyser, ’n gemeenskapsjoernalis en redakteur van die AnimalTalk-tydskrif.

 

“Ek het van die begin af as koerantjoernalis in Vanderbijlpark tot die diere-sy van sake aangetrokke gevoel,” onthou Noleen. Dit het haar toegelaat om met verskillende rolspelers in die troeteldiersorgsektor kontak te maak, en sy het baie gou goeie insig in die sektor ontwikkel. Dit het  ongelukkig ook die talle uitdagings ingesluit, waaronder die mishandeling wat diere soms verduur.

 

Haar begeerte om meer prakties betrokke te raak, het al hoe groter geword en daarom het sy besluit om haar lewe aan honde te wy. Daardeur wil sy honde-eienaars bemagtig en tradisionele denkwyses en wanopvattings oor honde se gedrag uitdaag.

 

Wat doen ’n hondegedragskundige?

 

Noleen het haar opleiding onder Scotty Valadao – een van die land se voorste gedragskundiges – ontvang. Sy help honde-eienaars wie se diere gedragsprobleme toon, byvoorbeeld vrees, oor-opgewondenheid, vernielsug, pluk aan die leiband en toiletgewoontes.

 

“Die verandering van ’n hond se gedrag betrek ook sy emosies. Ek beskryf dit dikwels as terapie vir honde. Dit neem tyd, geduld en harde werk, maar dis altyd die moeite werd.”

Noleen Fourie is die NWU se eie hondefluisteraar. Saam met haar is haar man, Ruan.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U