nUUs

Prof Leenta Grobler sê wanvoeding is ’n ernstige probleem in Suid-Afrika. Sy het aan die babaskaal begin werk kort nadat haar tweeling gebore is.

 

“Ek het met ’n dieetkundige-vriendin gesels en besef hoeveel makliker dit is om jou baba die voeding te gee wat hy of sy nodig het as jy weet of jou kleinding teen ’n gesonde tempo groei of nie.

 

“Ek glo die skaal sal ouers en gesondheidswerkers help om doeltreffende keuses te maak wanneer hulle vir babas sorg.”

 

 

NWU kantel die skaal vir gesonder babas

Gesonde groei kan die verskil tussen sorgvrye kinderjare en ’n kindertyd vol mediese probleme beteken.

 

’n NWU-navorser ontwikkel ’n outomatiese skaal wat menslike foute en onakkuraathede sal uitskakel wanneer dit by die weeg en meet van babas kom. Dit sal ’n belangrike rol in die vroeë identifisering van voedingsprobleme en groeistagnering by babas speel.

Prof Leenta Grobler, medeprofessor by die Fakulteit Ingenieurswese, sê dit is ’n realiteit dat babas en jong kinders by sommige klinieke en hospitale in Suid-Afrika onakkuraat gemeet en geweeg word.

 

Skale word dikwels rondgeskuif en nie gekalibreer nie, en is dus nie akkuraat nie. Gesondheidswerkers gebruik soms verskillende meetmetodes (hulle meet byvoorbeeld reguit van kop tot toon, of met die kontoere van die liggaam langs).

 

’n Ander bekommernis is onvoldoende rekords en data-insameling. Dit kan alles daartoe bydra dat groei- en wanvoedingsprobleme nie op ’n vroeë ouderdom opgespoor en reggestel word nie.

 

Afskaal van menslike foute

 

“Ons glo dat ons babaskaal ’n belangrike bydrae tot die uitskakeling van onakkuraathede sal maak.

 

Die babaskaal is digitaal en ontwerp om minimale instandhouding te verg.“Dit is maklik om te gebruik en ons sal dit integreer met ’n toep wat nie net enige probleme sal opspoor en die gebruiker se aandag daarop vestig nie, maar ook rekords outomaties, met die druk van ’n knoppie, sal aanteken.”

 

Die skaal is reeds deur drie ontwikkelingstadiums sedert Leenta bykans vier jaar gelede daaraan begin werk het. Die eerste het op lengte en gewig betrekking gehad, die tweede op kopomtrek, en die derde het op boarmafmetings en data-insameling en verwerking gefokus.

 

Leenta sê hulle wag op etiese klaring en sal dan toetse finaliseer. “Ons moet nou seker maak dat die skaal optimaal funksioneer, selfs met ’n hoë verandering in gebruikersprofiel en temperatuur.”

 

Sy hoop om toestemming te kry om die babaskaal so vroeg as Oktober hierdie jaar by sommige klinieke en hospitale te toets.

 

“Dit sal beslis ’n groot verskil maak om ouers en gesondheidswerkers te help om hulle babas se gesondheid te verbeter.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Prof Leenta Grobler demonstreer hoe maklik dit is om ’n baba met die babaskaal akkuraat te meet en te weeg.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

volgende

>

NWU & U