NUUs

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, wens die eerstejaarstudente geluk omdat hulle by die universiteit aansluit en noem dat die NWU meer as 52 000 aansoeke vir 2019 ontvang het en hulle teiken van 9 402 maklik gehaal het.

Die lokale by al drie die kampusse was stampvol ouers en studente wat hierdie nuwe hoofstuk in hul lewe betree.

 

Die eerstejaars is op 12 Januarie op die kampus in Potchefstroom ontvang, op 19 Januarie in Mahikeng, en op 2 Februarie in Vanderbijlpark.

 

Die NWU se maskot, Eagi, was daar om hulle te verwelkom.

 

Welkom eerstejaars, maak julle tuis

Die universiteit het omtrént die rooi tapyt uitgerol tydens die verwelkoming van die 2019-eerstejaars en het sommer ook vir hulle goeie raad gegee oor hoe hulle hul universiteitservaring behoorlik kan benut.

 

Dit sluit inligting in oor die energieke studentelewe, buitemuurse aktiwiteite, en ook dat studente bewus moet wees dat die NWU nie “taalchauvinisme” en ontwrigtende gedrag sal toelaat nie.

“Aangesien ons verbind is tot julle kinders se veiligheid, duld ons geen onbehoorlike gedrag nie,” het prof Dan Kgwadi, die visekanselier, vir die ouers gesê wat die onlangse verwelkomingsgeleenthede vir eerstejaars bygewoon het.

 

“Indien ’n student die reëls van die universiteit oortree, sal die nodige stappe ingevolge die universiteit se beleide en reëls gedoen word. Die NWU is ’n gemeenskap van beskaafde, vredeliewende en intelligente mense wat met mekaar kan saamwerk en in gesprek kan tree sonder om geweld te gebruik.”

 

Dink voordat jy praat

 

Prof Dan het ’n beroep op ouers en studente gedoen om in ag te neem dat die NWU nie ’n homogene taalinstelling is nie, maar een wat diversiteit en funksionele meertaligheid aanvaar. Hy het beklemtoon dat die universiteit geen plek het vir taalchauviniste nie – met ander woorde mense wat taal gebruik om ander uit te sluit.

 

Wat ’n onvergeetlike dag

 

Studenteleiers het ook hul deel tot die gebeurtenis bygedra en vir studente wenke gegee oor hoe om die beste uit hul tyd by die universiteit te haal.

Dié leiers is Leo Maphosa, die voorsitter van die NWU se Verteenwoordigende Studenteraad asook die Studente-kampusraad (SKR) in Mahikeng, Lwazi Nene, SKR-voorsitter in Vanderbijlpark, en Dalena d'Assonville, voorsitter van die SKR in Potchefstroom.

 

Die drie adjunk-visekanseliers vir kampusbedrywighede, prof Linda du Plessis (Vanderbijlpark), prof Daryl Balia (Potchefstroom) en prof Marilyn Setlalentoa (Mahikeng) het ook die teenwoordiges op hul kampusse toegespreek, wat die dag selfs meer besonders gemaak het.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Eerstejaarstudente het die fakulteite besoek, waar hulle die akademiese en ondersteuningspersoneel ontmoet het om ’n gladde oorgang van skool na universiteit te verseker.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

vorige

<

NWU & U