NUUs

Prof Elda de Waal het meer as 40 jaar ervaring in die hoëronderwyssektor en sy verskyn gereeld as belangrike kundige in die media.

 

Elda verwelkom president Ramaphosa se opmerkings wat hy tydens sy SONA-toespraak oor die belangrikheid van tegeniese opleiding gemaak het. Sy sê sulke vaardighede is van die uiterste belang vir alle lande, maar veral vir Suid-Afrika, waar daar ’n geweldige tekort aan vaardighede is.

 

Dié onderwyshekkies wag in 2019

Skoolgaan is gewoonlik ’n stimulerende en selfs genotvolle leerervaring. Ongelukkig is daar ’n ander kant van die muntstuk: sommige skole kom voor ernstige uitdagings te staan.

Prof Elda de Waal, waarnemende navorsingsdirekteur by die Edu-HRight-navorsingseenheid op die kampus in Potchefstroom, het ’n paar uitdagings beklemtoon wat sy vir hierdie jaar vir onderwys in Suid-Afrika voorsien.

 

Sy sê die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, waar die ineenstorting van ’n loopbrug hierdie jaar vier leerders gedood en 20 ander ernstig beseer gelaat het, stuur ’n ernstige waarskuwing aan alle Suid-Afrikaners dat veiligheid by ons skole nie vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

 

Elda sê ons moet bewus wees van veiligheidsaspekte en dat skoolbeheerliggame in die toekoms ’n rol kan speel deur geboue gereeld te inspekteer. Sy beklemtoon dat sy nie impliseer dat Hoërskool Driehoek nalatig was nie, maar sê die onverwagte aard van die voorval het die kwessie net meer dringend maak.

 

ʼn Aantal ander onderwysverwante kwessies moet ook meer aandag in 2019 kry, meen Elda.

 

Doen eers die basiese dinge

 

“Honderde skole het steeds nie toilette nie, en in talle gevalle is daar geen lopende water vir leerders om hulle hande mee te was nie. Hierdie werklikhede moet sekerlik voorkeur kry bo digitale handboeke,” sê Elda.

 

Hiermee verwys sy na die belofte wat president Cyril Ramaphosa onlangs tydens sy staatsrede (SONA) gemaak het, naamlik dat skole gevorderde digitale werkboeke sal kry, en dat die verskaffing daarvan by die armste skole sal begin.

 

Hoewel water en sanitasie die plig van die Departement van Basiese Onderwys bly, sê Elda sy wil graag sien dat gemeenskappe skole in hul gebiede ondersteun om hierdie kwessies op te los. Samewerking tussen gemeenskappe en skole om sulke probleme te hanteer, sal ook leerders en ouers aanspoor om te help waar hulle kan.

 

Elda is bekommerd oor die president se aankondiging dat graad RR en graad R in die toekoms verpligtend sal wees. Sy glo dat leer op so ’n vroeë ouderdom deur speel moet plaasvind, eerder as verpligte skooltyd.

 

Kyk in die spieël

 

Sy het afgesluit deur te sê mense moet dink aan hul gedrag en aan die voorbeeld wat hulle stel.

 

“Ons is gou om ons besorgdheid uit te spreek oor die vlakke van geweld in ons skole, hetsy dit leerder op leerder, of leerder op onderwyser is, of die toenemende voorkoms van boeliery, maar ons kyk nie na ons eie optrede nie.

 

“Ons gedrag op straat, in ’n winkel, as motorbestuurder, terwyl ons in ’n ry wag, of wanneer ons op sosiale media oor ander se opmerkings kommentaar lewer, moet ’n voorbeeld stel wat nagevolg kan word,” sê sy.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

 

Prof Elda de Waal, waarnemende navorsingsdirekteur by die Edu-HRight-navorsingseenheid op die kampus in Potchefstroom, het ’n paar uitdagings beklemtoon wat sy vir hierdie jaar vir onderwys in Suid-Afrika voorsien.

 

Sy sê die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, waar die ineenstorting van ’n loopbrug hierdie jaar vier leerders gedood en 20 ander ernstig beseer gelaat het, stuur ’n ernstige waarskuwing aan alle Suid-Afrikaners dat veiligheid by ons skole nie vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

 

Elda sê ons moet bewus wees van veiligheidsaspekte en dat skoolbeheerliggame in die toekoms ’n rol kan speel deur geboue gereeld te inspekteer. Sy beklemtoon dat sy nie impliseer dat Hoërskool Driehoek nalatig was nie, maar sê die onverwagte aard van die voorval het die kwessie net meer dringend maak.

 

ʼn Aantal ander onderwysverwante kwessies moet ook meer aandag in 2019 kry, meen Elda.

 

Doen eers die basiese dinge

 

“Honderde skole het steeds nie toilette nie, en in talle gevalle is daar geen lopende water vir leerders om hulle hande mee te was nie. Hierdie werklikhede moet sekerlik voorkeur kry bo digitale handboeke,” sê Elda.

 

Hiermee verwys sy na die belofte wat president Cyril Ramaphosa onlangs tydens sy staatsrede (SONA) gemaak het, naamlik dat skole gevorderde digitale werkboeke sal kry, en dat die verskaffing daarvan by die armste skole sal begin.

 

Hoewel water en sanitasie die plig van die Departement van Basiese Onderwys bly, sê Elda sy wil graag sien dat gemeenskappe skole in hul gebiede ondersteun om hierdie kwessies op te los. Samewerking tussen gemeenskappe en skole om sulke probleme te hanteer, sal ook leerders en ouers aanspoor om te help waar hulle kan.

 

Elda is bekommerd oor die president se aankondiging dat graad RR en graad R in die toekoms verpligtend sal wees. Sy glo dat leer op so ’n vroeë ouderdom deur speel moet plaasvind, eerder as verpligte skooltyd.

 

Kyk in die spieël

 

Sy het afgesluit deur te sê mense moet dink aan hul gedrag en aan die voorbeeld wat hulle stel.

 

“Ons is gou om ons besorgdheid uit te spreek oor die vlakke van geweld in ons skole, hetsy dit leerder op leerder, of leerder op onderwyser is, of die toenemende voorkoms van boeliery, maar ons kyk nie na ons eie optrede nie.

 

“Ons gedrag op straat, in ’n winkel, as motorbestuurder, terwyl ons in ’n ry wag, of wanneer ons op sosiale media oor ander se opmerkings kommentaar lewer, moet ’n voorbeeld stel wat nagevolg kan word,” sê sy.

INHOUD

volgende

>

NWU & U