PROFIELE

Forensiese sielkundige luitenant-kolonel Elmarie Myburgh kyk elke dag ure lank na realiteitsprogramme oor misdaad op TV, maar sy is nie ’n aanhanger van gewilde misdaadreekse soos CSI nie. “Hierdie programme bied nie ’n akkurate beeld van die frustrasies, harde werk en tyd wat dit neem om resultate te kry nie,” sê sy.

 

Lees die volledige artikel hier.

 

Die rol van ’n forensiese sielkundige

 

As ’n ondersoeker in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Eenheid vir Ondersoekende Sielkunde (EOS), is Elmarie betrokke by moorde op liefdesmaats, mutimoorde en reeksverkragtingsake.

 

Haar span werk nou saam met patoloë en ander forensiese kundiges wat, volgens Elmarie, ’n simbiotiese verhouding het.

 

Sy verduidelik dat alles op die ou einde soos ’n legkaart inmekaarpas: die forensiese leidrade op die misdaadtoneel, die metode wat gebruik word om dood te maak, die wonde, tekens van seksuele mishandeling en die vlak van pyn wat veroorsaak word.

 

 

Om ’n moordenaar te vang

Peter Dashboy Khoza het sedert 2007 verskeie jong meisies tussen die ouderdom van agt en 14 jaar oud ontvoer en hulle in die Phalaborwa-, Tembisa- en Soweto-gebied na die bosse geneem.

Elmarie het internasionaal-bekroonde misdaadfiksieskrywer Deon Meyer met navorsing vir sy boeke gehelp, en in 2018 was sy ’n paneellid tydens die Boekejol en Filmrolfees in Pretoria. Hier is sy in gesprek met misdaadskrywers Schalk Schoombie en Charné Kemp.

Daar het hy hulle seksueel en fisies aangerand voordat hy hulle gelos het om in die donker self by die huis te kom.

 

Tydens sy misdaadveldtog is hy drie keer gearresteer en aangehou, maar hy het met die misdade voortgegaan sodra hy op borgtog vrygelaat is.

 

In 2016 het die polisie daarin geslaag om hom te arresteer met die hulp van kundige patoloë, forensiese sielkundiges en misdaadtoneelondersoekers wie se taak dit is om die land se gruwelikste moorde op te los.

 

Een van dié kundiges was luitenant-kolonel Elmarie Myburgh, ’n trotse alumna van die NWU se kampus in Potchefstroom.

 

Elmarie spog met die meeste praktiese ervaring op die gebied van forensiese sielkunde in Suid-Afrika.Ná 21 jaar het Elmarie (48) meer as 70 reeksverkragtingsake, 50 reeksmoordsake, en talle ander moordondersoeke op haar kerfstok.

 

Sy is ook die enigste kundige oor die assessering van die risiko van geweld wat in die diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is.

 

Elmarie is in 2018 tot die rang van luitenant-kolonel bevorder.

 

Nasionaal en internasionaal opgelei

 

As leier op haar gebied lewer Elmarie dikwels nasionaal en in die buiteland navorsingsreferate en bied sy opleidingswerkswinkels aan.

 

Sy ontwikkel opleidingskurrikulums en aanbiedings vir verskeie kursusse in kriminologie en sielkunde, en het al aan die California School of Forensic Studies en die Alliant International University in Fresno klasgegee.

 

Haar eie opleiding sluit in ’n BA-graad en twee honneursgrade – een in kriminologie en die ander een in sielkunde  – almal aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal. Sy het dit in 2004 opgevolg met ’n diploma in strafregpleging en forensiese ouditkunde aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit.

 

Sy het ook opleiding by verskillende instellings ontvang, insluitend die Federal Bureau of Investigation (FBI).

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

As student het Elmarie (heel regs) in Karlien-koshuis gebly. Saam met haar by ’n onlangse reünie is, van links, mede-alumni Celia Willms, Elmarie Weyer en Tharina Naude.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U