REDAKSIONEEL

 

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

’n Nuwe dag breek aan

Beste alumni

 

Dit kan baie skrikwekkend en terselfdertyd opwindend wees en kan nie vermy word nie. Dit vul ons met vrees en hoop, en is die pad na elke nuwe fase van ons lewens. Dit is ons “eerste dae”.

 

In hierdie uitgawe van die NWU & U kan julle meer lees oor die eerstejaarstudente se aankoms op ons kampusse – blinkoog jongmense wat ’n opwindende nuwe hoofstuk begin. Vir talle van hulle is dit die eerste keer dat hulle hul vlerke sprei en die nes verlaat. Ander is dalk die eerstes in hul families wat universiteit toe gaan.

 

Dit sal egter nie die laaste “eerste dag” wees waarvoor hulle te staan kom nie. Oor ’n paar jaar sal hulle ’n ander drumpel oorsteek – wanneer hulle vir die eerste keer begin werk.

 

Dit is die universiteit se verantwoordelikheid om hulle vir daardie dag voor te berei. Ons leer hulle nuwe vaardighede, slyp hul talente en wys hulle hoe om diversiteit te omarm en aanspreeklike burgers te word wat ’n hart vir maatskaplike geregtigheid het.

 

Op die agterblad van hierdie uitgawe kan julle sien hoe die Fakulteit Opvoedkunde hulle 2018-eerstejaarstudente tydens ʼn kamp vir werkgeïntegreerdeleer bemagtig het.

 

Julle, as ons alumni, kan by ons veldtog aansluit om ons studente te bemagtig. Julle kan dit doen deur jul kennis of jul ervaring van die werksomgewing met ons studente te deel, of deur te help om van ons NWU-projekte te befonds. As julle betrokke wil raak, is julle welkom om Izette Schouwstra, die afdelingshoof van die NWU se Alumnikantoor, by izette.schouwstra@nwu.ac.za te kontak.

 

Kom ons vat hande en rus die klas van 2019 toe sodat hulle hul “eerste dag” by die werk met vertroue en trots tegemoet kan gaan.

 

Lekker lees!

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

Alumnitoekennings: nomineer nou iemand

 

Dis weer tyd om alumni vir die tweejaarlikse NWU-Alumnitoekennings te nomineer.

 

Ons Alumnikantoor het onlangs vir jou ’n e-poskennisgewing hieroor gestuur, en dit is nou die tyd om tot aksie oor te gaan. Ons alumni het struikelblokke oorwin, op verskeie gebiede uitgeblink, en hulle gemeenskappe gedien – hulle verdien ons erkenning.

 

Jy kan hierdie skakel gebruik om jou nominasievorm elektronies in te dien – dit moet die Alumnikantoor voor of op 9 Mei bereik.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

NWU & U  |

NWU & U  |

Stuur julle briewe na , faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

INHOUD

NWU & U