NUUs

 

Skop af by NWU

 

As hy terugkyk op sy tyd by die NWU-Sokkerinstituut sê Xola Mlambo hy is baie dankbaar dat hy deel van dié instelling kon wees.

 

“Ek sal altyd dankbaar wees teenoor die Sokkerinstituut vir die geleentheid wat ek daar ontvang het om my drome waar te maak.

 

“Sokkerloopbane is kort, dus is dit belangrik dat spelers ook iets het om op terug te val – iets soos ’n akademiese loopbaan,” sê Xola.

 

Tydens sy tyd by die NWU het Xola aan die Varsity Sport-toernooi, die Motsepe-liga en die Universiteitesport Suid-Afrika-kampioenskap (USSA) deelgeneem.

 

Pirates-speler steel die kollig

NWU-alumnus Xola Mlambo het ’n bekende naam geword by die Premier Sokkerliga (PSL) se reuse, die Orlando Pirates-sokkerklub.

Volgens Vuyo Sambo, die NWU-Sokkerinstituut se bestuurder, is dit ’n vreugde om dié jong sokkerster te sien speel. “Xola is goed, met of sonder die bal. Hy het ’n goeie ingesteldheid en gee die bal goed aan, selfs deur die kleinste gapings.”

Dié middelvelder, bekend as Ten Ten, is in Dobsonville, Soweto gebore en het op ’n vroeë ouderdom begin sokker speel. Hy het daarna by die NWU se Sokkerinstituut op die kampus in Mahikeng aangesluit, waar hy ook ’n akademiese loopbaan op die gebied van sportwetenskap gevolg het.

 

Die middelveld-maestro het in die 2015/16-seisoen vir Cape Town All Stars en die PSL-span Chippa United gespeel.Hy het daarna by die Wits-sokkerklub aangesluit, waar hulle in die 2016/17-seisoen die Absa Premierskapstrofee en die Telkom Uitkloptrofee verower het.

 

Skitter tussen die sterre

 

Xola het in Januarie 2018 by die Orlando Pirates-sokkerklub aangesluit, waar hy ten spyte van die mededinging van ’n sterbelaaide Pirates-middelveld homself vinnig gevestig het as ’n speler met wie daar rekening gehou moet word.

 

Behalwe vir een wedstryd het hy in al die kompetisiewedstryde gespeel en sy ondersteuners beïndruk met sy aanvallende visie en verskeidenheid aangeë op die veld.

 

Dis duidelik dat Orlando Pirates-ondersteuners sy toewyding waardeer, want hulle het hom as speler van die maand vir Augustus 2018 gekies.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Gelukkig om aan boord te wees

 

Daar was al oproepe van ondersteuners en kenners wat sê Xola moet by die Bafana Bafana-afrigter, Stuart Baxter, se nasionale span ingesluit word. Xola steur hom egter nie veel aan hierdie voorstelle nie.

 

“Ek fokus op Orlando Pirates, en solank ek die geleentheid het om hier te speel, is ek gelukkig,” sê hy.

 

“Wat sal wees, sal wees, maar ek moet daarop konsentreer om my spel elke enkele keer te verbeter, en die span te help.”

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U