Nuus

Nikiwe Zulu, wat by die 2017 Nasionale Onderwystoekennings as die beste hoërskoolonderwyser in Suid-Afrika aangewys is, vertel aan Opvoedkunde-studente van die uitdagings en geleenthede wat op hulle wag.

Onderwyser Pule Pitso beantwoord ’n vraag van een van die BEd-studente. Hy was een van die twee alumni wat aan die studente raad gegee het oor hoe om in die klaskamer te oorleef en te floreer.

Dis beter so uit die perd se bek

Tersiêre onderwys kan jou deeglik vir jou toekomstige loopbaan voorberei, maar om direk uit die perd se bek inligting te kry oor die werklikhede van die werkplek, is beslis ʼn bonus.

Lede van die Alumni-advieskomitee in Vanderbijlpark is van links Zanele Ngobese, alumniverhoudinge-praktisyn, onderwysers Yolanda Fourie en Nikiwe Zulu, en Pat Matla, wat op die gebied van bedryfsielkunde werk.

 

Agter is prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir strategiese beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, professionele beroepslui in die finansiële bedryf Mpho Mosia en Vincent Kheswa, onderwyser Pule Pitso, die komitee se voorsitter, Thami Manzi en Morabe Ramosebi.

Een van die funksies van die Alumni-advieskomitee in Vanderbijlpark is dat die lede waardevolle inligting oor hul loopbane met huidige studente deel.

Vier nuwe komiteelede is gekies tydens die komitee se laaste vergadering van 2017, wat op 22 November gehou is. Die nuwe lede is Yolanda Fourie, Nikiwe Zulu, Thami Manzi en Pule Pitso, wat ook as nuwe voorsitter gekies is.

 

Hierdie nuwe lede het op 22 Februarie 2018 vir hulle eerste kwartaallikse vergadering by die res van die komitee aangesluit, met hulle induksie as deel van die agenda.

 

Al die komiteelede is professionele mense en hulle doelwit is om aan die alumnikantoor raad te gee oor hoe alumni by die universiteit betrokke kan raak, byvoorbeeld deur inligting oor huidige tendense in die verskillende bedrywe met studente te deel.

 

Voeg die daad by die woord

 

Twee van die komiteelede, onderwysers Pule Pitso en Nikiwe Zulu, het die daad by die woord gevoeg toe hulle die kampus op 28 Maart 2018 besoek het om lede van die BEd-studentevereniging te mentor.

 

Tydens hierdie geleentheid het die twee alumni hulle ervaring as onderwysers gedeel.Hulle het byvoorbeeld aan die studente gesê hoe onderwysers behoort op te tree, wat in die klaskamer van hulle verwag word, en hoe om voortdurend meer te leer en jou vaardighede te slyp.

 

Neo Mokhothu, die huidige voorsitter van die BEd-studentevereniging, het agterna gesê dit was ’n openbaring en daar behoort meer mentorskapprogramme te wees om studente voor te berei vir wat in die werkomgewing op hulle wag.

 

Alumni wat graag by mentorskapprogramme betrokke wil raak, kan alumniverhoudinge-praktisyn Zanele Ngobese by Vaal-alumni@nwu.ac.za of tel (016) 910 3250 kontak.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE  artikel

VORIGE  artikel

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U