Nuus

 

Die databasis brei uit

 

Ons het ongeveer ’n jaar gelede begin om op ons alumni-databasis tussen kontak- en afstandstudente te onderskei. Ons het tans 18 903 oop afstandsleeralumni.

 

Hierdie getal sluit nie die studente in wat gedurende Maart hierdie jaar gegradueer het nie. Dit sluit ook die ontvangers van sertifikate uit, aangesien alumni spesifiek studente is wat grade of diplomas verwerf het.

 

Uit die oog maar nie uit die hart nie

Ons waardeer al ons alumni, of hulle nou hul kwalifikasies deur kontak- of deur afstandonderrig verwerf het. Afstandstudente kan dalk “uit die oog” wees, maar hulle is beslis nie uit die hart nie.

Personeel van ons alumnikantoor het dit gedemonstreer toe hulle die Eenheid vir Oop Afstandsleer se gradeplegtigheid en alumnifunksie op 22 Maart 2018 by die Noord-Kaap se Tegniese en Beroepsopleidingskollege in Upington bygewoon het.

 

Prof Robert Balfour, die NWU se adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, het die 100 gaste ná die gradeplegtigheid toegespreek. Hy het met hulle gepraat oor die belangrikheid om ’n hoëkwaliteit-NWU-graad te hê en ’n NWU-alumnus te wees, en vir hulle ’n oorsig oor die jongste ontwikkelings by die NWU gegee.

Verwelkom nuwe alumni

 

Splinternuwe alumna Elri du Plessis, is hier saam met haar trotse ouers, Johann en Jeanetta du Plessis, by ’n “fotostalletjie” wat deur Belanghebberverhoudinge verskaf is. Elri het tydens die gradeplegtigheid op 1 Maart op die kampus in Potchefstroom ’n BCom GR-graad ontvang.

 

Haar ouer is albei alumni en personeellede van die NWU. Johann is ’n senior navorsingsondersteuningsbeampte by Navorsingsondersteuning en prof Jeanetta is onlangs as adjunkdekaan vir navorsing en innovasie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aangestel nadat sy sedert 2004 aan die hoof van die Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe (Pharmacen) was.

 

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE  artikel

VORIGE  artikel

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U