NUUs

Susan van Rooyen, alumniverhoudinge-praktisyn op die kampus in Mahikeng, het afgetree. Sy sê sy is baie dankbaar is vir die geleentheid om deel van die universiteitsgemeenskap te kon wees. Die NWU & U wens haar die allerbeste toe vir die volgende deel van haar reis.

Alumni-praktisyn Susan hang haar stewels op

Ná ’n produktiewe reis van 26 jaar hang Susan van Rooyen, ’n alumniverhoudinge-praktisyn op die kampus in Mahikeng, haar stewels op.

Susan se aftrede dui die einde aan van ’n lang verwantskap met die universiteit wat in November 1992 begin het, toe sy as navorser in die kantoor van die destydse rektor van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, prof Carools Reinecke, aangestel is.

 

Prof Dan Kgwadi, die visekanselier, loof haar vir haar uitmuntende diens aan die universiteit en aan sy studente. “Susan was meer as net ’n werknemer – sy het haar altyd voluit beywer vir hierdie universiteit,” sê hy.

 

Hou die leisels styf vas

 

Bykomend tot haar dolle skedule by die alumnikantoor was Susan ook vir die afgelope 11 jaar die huisouer vir die Sol Plaatje-koshuis. Op die alumni-front het Susan die leisels styf vasgehou, wat tot gereelde, geslaagde interaksie met alumni en ander belanghebbers gelei het.

 

Sy was instrumenteel in die bevordering van die alumni-bekendstellingsinisiatief. Die doel van hierdie inisiatief was om voormalige studente in te lig oor die vordering wat gemaak is en die rigting wat die universiteit inslaan, soos oor die onlangse aanvaarding van ’n unitêre model. Hierdie inligtingsessies het in Suid-Afrika plaasgevind, maar ook na buurlande soos Botswana en Swaziland uitgebrei.

 

Bou innerlike sterkte en karakter

 

“Ek het baie geleer oor hierdie wonderlike, pragtige universiteit en sy mense,” sê Susan. “Ek het nóúe verhoudings aangeknoop, en my eie innerlike sterkte en karakter gebou, wat waarde en betekenis tot my lewe toegevoeg het.

 

“Gedurende die afgelope paar jaar het ek geleer om die goeie en die slegte te vier. Wanneer ons studente graad gekry het, het ons dit gevier, maar wanneer ’n geliefde gesterf het, het ons dit ook met sang en dans gevier. Dit het my geleer dat ons altyd swaarkry sal oorwin.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE  artikel

VORIGE  artikel

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

next

>

previous

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U