Profiele

Funeka Nyaqela-Mathe se werk stel haar in staat om die lewens van gemeenskappe te verbeter deur beter vervoerstelsels te beplan en te implementeer.

Alumna Funeka Nyaqela-Mathe het tydens haar eerste jaar afkampus gewoon, en toe na die Lost City-koshuis getrek.

 

Sy het baie goeie herinneringe aan haar studentedae. “Ons het aan alles deelgeneem. Ek onthou ’n uitstappie Johannesburg toe vir atletiek. Hoewel ons nie by die byeenkoms gekwalifiseer het nie, het ons die uitstappie Gauteng toe vreeslik geniet en gratis in ’n hotel gebly.”

 

Neem wat jy kan kry en ontwikkel dit, sê vervoerkundige

As ’n mens in die nederige maar smaakvolle kantoor van Funeka Nyaqela-Mathe in Mahikeng se Golfview-woonbuurt instap, kan jy nie help om die passie raak te sien wat sy vir vervoerbeplanning, projekbestuur en siviele ingenieurswese het nie.

Voordat sy haar onverdeelde aandag aan die onderhoud met die NWU & U gee, het sy ’n vinnige telefoongesprek oor ’n komende projek waaroor sy duidelik opgewonde is.

 

Dit is ’n volle 10 jaar sedert sy vir Aganang Consulting Engineers begin werk het, en sy sê dit voel soos gister dat sy by die NWU se kampus in Mahikeng ’n BCom in logistieke bestuur verwerf het.

 

Die regte besluit werp vrugte af

 

Soos talle ander studente wat deur die stelsel is, was hierdie graad nie haar eerste keuse nie. As gevolg van haar nederige agtergrond in die Witpan-dorpie in die Ngaka Modiri-distrik, het Funeka besluit om logistiek te studeer omdat daar ’n beurs vir hierdie kwalifikasie beskikbaar was. Later het dit geblyk dat dit ’n uitstekende besluit was, aangesien dit deure vir ’n suksesvolle loopbaan by Aganang oopgemaak het.

 

Dié maatskappy werk aan projekte in vervoer, ingenieurswese, konstruksiebestuur en inligtingstelsels vir die plaaslike, provinsiale en nasionale regering. Hulle doen ook navorsing oor vervoer in gemeenskappe en gee raad aan kliënte oor hoe om die bevindings te gebruik om projekte te implementeer.

 

Kyk die kat uit die boom

 

Funeka raai studente aan om nie te gou vir die topposte te mik nie, maar om so veel as moontlik langs die pad te leer. Sy is vandag ’n uitvoerende direkteur met 20%-aandeelhouding in die maatskappy en is ook die bemarkingshoof. Sy bestuur ook die takke in Mahikeng, Rustenburg, Klerksdorp en Lejweleputswa, wat verskeie kantore in die Vrystaat, die Noord-Kaap en Wes-Kaap en Limpopo het.

 

Funeka het ’n rol gespeel in die formulering van geïntegreerde openbarevervoer-ontwikkelingsplanne vir spoor-, bus- en taxi-vervoer, en het aan sleutelprojekte soos ’n veiligheidsoudit vir Noordwes se Departement van Paaie en Openbare Werke gewerk.

 

Nog ’n opwindende projek is die batebestuurstelsel vir landelike paaie by drie van die provinsie se disktriksmunisipaliteite, wat daarop gemik is om die padnetwerk van die Bojanala-, Dr Kenneth Kaunda- en Ngaka Modiri Molema-distrikte te evalueer.

 

Die maatskappy het 150 werknemers regoor die land en 15 siviele ingenieursinterns van Noordwes in diens, en het ten minste 200 tydelike poste geskep vir mense in die plaaslike munisipaliteite waar hulle werk.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE  artikel

VORIGE  artikel

KLANK

video

mEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Ontmoet Funeka se gesin

 

Funeka is getroud met Terrance Mathe, ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester wat ook ’n alumnus van die kampus in Mahikeng is. Die egpaar het ’n seun, Maisa, wat nege jaar oud is, en ’n dogter, Mmalerato, was ses is.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U