’n Span NWU-navorsers sê die antwoord lê daarin om meer te eksperimenteer en tuis te kook.
Prof Salome Kruger se span by die NWU se Sentrum vir Uitnemendheid vir Voeding sê, “Kook sonder om te veel vet en suiker by te voeg, en vries geregte om op besige dae sommer in die mikrogolf te verhit.”
Hoewel dit verstaanbaar is dat gesinne oor die feesseisoen wil saameet en lekker kuier, sê die span dat ons hard moet probeer om gesonder te eet, aangesien Suid-Afrika ’n toename in diabetes, kanker en hipertensie ervaar.
Hoera vir minder verwerkte opsies
“Eet meer onverwerkte voedsel of wat baie min verwerk is en geur dit deur vars of gedroogde kruie by te voeg wanneer jy kook, terwyl jy die sout, suiker en vette of olies tot ’n minimum beperk. Wees op die uitkyk vir klaargaar opsies by supermarkte wat minder bestanddele op die lysie bestanddele het,” is die raad wat Salome se span gee.
Kies eerder volvoedsels soos vars vrugte en groente, in plaas van gerieflike, ultraverwerkte kos wat ’n negatiewe effek op die inname van noodsaaklike vitamines, minerale en vesel het.
Wat van die min gelukkiges onder ons wat danksy hulle Desemberbonus wil gaan uiteet?
Hier is Salome se raad: “Wanneer jy kos koop of in ’n restaurant eet, kyk uit vir minder verwerkte opsies, soos geroosterde biefstuk, gebakte aartappels, slaaie en geroerbraaide of geroosterde groente. Vra hulle om die sous of slaaisous apart te bring, dan kan jy net genoeg byvoeg om dit geur te gee.
“Natuurlik sal ’n mens jou gunstelinglekkernye wil bestel wanneer jy uiteet, maar dit is vir spesiale geleenthede bedoel. Probeer om 80% tot 90% van die tyd meer onverwerkte kos te eet, of kos wat nie baie verwerk is nie,” stel Salome voor.
Geniet dit, maar onthou die gesegde: “’n Oomblik in die mond, maak jou op die ou end rond!”
Terwyl ons regmaak om kollegas, familie en vriende oor die feesseisoen te onthaal, hoe kan ons wonderlike, gesonde kos geniet en terselfdertyd die stres vermy wat saam met die “JanuWarrie”-skuldlas kom?
“Wanneer jy kos koop of in ’n restaurant eet, kyk uit vir minder verwerkte opsies.”
“Kook sonder om te veel vet en suiker by te voeg, en vries geregte om op besige dae sommer in die mikrogolf te verhit.”
“’n Oomblik in die mond, maak jou op die ou end rond!”
Gee vir jou liggaam hierdie feesseisoen ook ’n geskenk: eet minder verwerkte disse en kitskos, en meer volvoedsels en tuisgekookte maaltye. Dié goeie raad kom van prof Salome Kruger en haar span by die Sentrum vir Uitnemendheid vir Voeding.
te eet
GESONDER
Hoe om hierdie feesseisoen