Klik op die beelde hierbo om na die video’s te kyk en die wye verskeidenheid optredes van die finaliste van die 2021 Pukki Talentfees te geniet.

Talentfees is terug in ’n aanlyn skouspel

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

Covid-19 het verlede jaar die gordyn laat sak oor die Potchefstroomkampus se jaarlikse Pukki Talentfees, maar hierdie jaar was die fees terug in ’n aanlyn skouspel van musiek, dans en drama.

 

Die 39ste Pukki Talentfees het studentetalent in die kollig geplaas in ’n verskeidenheid kategorieë wat van klassiek tot kontemporêr gewissel het.

 

Humor en nostalgie, trompet en klavier, en sang en beweging is ingespan om ’n wonderwêreld op die verhoog en in die harte van die gehore te skep.

 

Finaliste is ná oudisies gekies en hulle optredes is tussen 16 en 25 Augustus 2021 opgeneem. Die beoordelaars het uit hierdie finaliste die eerste, tweede en derde plekke in elke kategorie aangekondig.

Dit is ons

Klik op die blokkie hierbo om te sien wie die kategoriewenners is.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.