Hoe Afrika 'n "samelewing vir alle ouderdomme" kan ontwikkel
Afrika is en sal vir die afsienbare toekoms wêreldwyd die vasteland met die jongste bevolking wees. Intussen leef baie meer mense in Afrika toenemend langer. Hierdie bevinding is op demografiese tendense op die vasteland gegrond en opper 'n klomp ingewikkelde kwessies vir beleidsmakers. Só sê prof Jaco Hoffman, 'n professor in Sosio-gerontologie by die Optentia navorsingseenheid op die Vanderbijlpark-kampus. Sosio-gerontologie is die interdissiplinêre studie van die sosiale aspekte van veroudering en prof Hoffman is die eerste professor op hierdie gebied by die universiteit.
LEES MEER
|
Beter koördinasie en samewerking kan voedselsekerheid in SA bevorder
"My passie vir landelike ontwikkeling het begin toe ek besef het dat daar gesinne is wat sonder kos bed toe gaan. Ek het nog meer daarin begin belang-stel deur my navorsing oor sleutelstrategieë en -intervensies wat die land kan help met wyses waarop landelike ontwikkeling die beste aangewend kan word om te verseker dat daar voedselsekerheid is en landelike gebiede ontwikkel word," sê PhD-gegradueerde, dr Maria Mphahlele. Sy het haar PhD-studie met haar passie gekombineer en die risiko's in diensleweringsmodelle in landelike ontwikkeling in Suid-Afrika ondersoek.
LEES MEER
|
Fulbright-vakkundige ondersoek geheime van serpentynsteen-ekologie
'n Fulbright-vakkundige van die Verenigde State gaan vir 10 maande lank by die NWU se Eenheid vir Omgewings-wetenskappe en -bestuur aansluit om navorsing te doen op 'n gebied wat nog baie braak lê. Daar is gapings in die kennis wat wetenskaplikes het oor plant- en insektespesies wat op serpentynsteen leef, en om hierdie gapings te oorbrug, kan van nut wees om die effek van klimaats-verandering te verstaan en so tot bewaring by te dra. Prof Nishanta (Nishi) Rajakaruna van California Polytechnic State University gaan saam met prof Stefan Siebert van die geo-ekologielaboratorium werk.
LEES MEER
|