"Hierdie tesis het getoon dat miljoene arm persone in Zimbabwe en ander lande wat as gevolg van verskeie redes – soos dat hulle nie aan die banke se dokumentêre vereistes voldoen nie en dus nie toegang tot formele finansiële dienste het nie – mobiele geld kan gebruik."
Hy sê mobiele geld is van onskatbare waarde sedert die uitbreek van die koronaviruspandemie. Kundiges in openbare gesondheid het mense regoor die wêreld aangemoedig om kontakvrye betalingstelsels te gebruik om die verspreiding van die virus te keer. "Mobiele geld laat mense toe om hulle selfone te gebruik om transaksies te doen en dit verskaf 'n mate van veiligheid en gerief vir gebruikers, veral die armes," sê Elfas.
"Die gebruik van mobiele geld vereis egter streng regulering om finansiële misdaad soos bedrog, geldwassery en terrorismefinansiering hok te slaan," sê hy.
Huidige regulering is nie konsekwent nie
Hoewel mobiele geld sedert 2011 in Zimbabwe gebruik word, het die wetgewer nog nie 'n wet verorden wat dit uitdruklik reguleer nie.
Elfas wys daarop dat finansiële reguleerders en wetstoepassingsowerhede onsamehangende bepalings uit verskillende wette gebruik om mobiele geld te reguleer, en dit lei tot verskeie gebreke in die regulatoriese raamwerk van mobiele geld.
"Hierdie tesis toon dat die Zimbabwiese Wet op Nasionale Betalingstelsels, soos gewysig, nie mobiele geld omskryf nie. Die Wet maak ook nie spesifiek vir mobiele geld voorsiening nie. Die Bankwet, soos gewysig, gebruik die terme 'mobiele geld', en 'mobiele bankwese' uitruilbaar. Hierdie tesis toon egter dat die twee terme verskillend is en verskillende betekenisse het en dus nie as sinonieme beskou kan word nie."
Zimbabwe se bankregulasies van 2020 maak melding van mobiele geld, maar gee nie 'n definisie en/of bepalings wat mobiele geld in Zimbabwe direk en streng reguleer nie.
Elfas se studie, met sy klem op regulering, kan baie help om die reguleerders van finansiële dienste in staat te stel om die finansiële insluiting van die armes in Zimbabwe en ander ontwikkelende lande te bevorder.
|