Julie 2022

NWU doen navorsing wat relevant is

Welkom by die vierde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

streetfood

Beter koördinasie en samewerking kan voedselsekerheid
in Suid-Afrika se landelike gebiede bevorder

"My passie vir landelike ontwikkeling het begin toe ek besef het dat daar gesinne is wat sonder kos bed toe gaan. Ek het nog meer daarin begin belangstel deur my navorsing oor sleutelstrategieë en -intervensies wat die land kan help met wyses waarop landelike ontwikkeling die beste aangewend kan word om te verseker dat daar voedselsekerheid is en landelike gebiede ontwikkel word," sê dr Maria Mphahlele, 'n PhD-gegradueerde van die NWU.

Dr Mphahlele het haar PhD-studie met haar passie gekombineer en die risiko's in diensleweringsmodelle in landelike ontwikkeling in Suid-Afrika ondersoek, en gekyk na die wyse waarop hierdie risiko's doeltreffend bestuur kan word.

Modelle in landelike ontwikkeling in Suid-Afrika het ontstaan uit sosiopolitieke transformasie en besprekings oor hoe die plaaslike ekonomie geherstruktureer kan word, sê sy.

Geskiedkundige tendense toon ook dat verskillende programme, byvoorbeeld die Heropbou- en Ontwikkelings-program (HOP), die Landelike Ontwikkelingsraamwerk (LOR), die Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkelingstrategie (GVLOS) en die Omvattende Landelike Ontwikkelingsprogram (OLOP), ingestel is om ontwikkeling in die landelike gebiede te hanteer. Wanneer daar na huidige tendense in die land gekyk word, bestaan daar geen twyfel nie dat die regering 'n mate van sukses op seker gebiede behaal het, maar dat hulle nie hulle doelwit vir die transformasie van landelike gebiede deur die verskillende modelle bereik het nie.

Dr Mphahlele het as deel van haar PhD twee modelle vir dienslewering in landelike ontwikkeling in Suid-Afrika ontwikkel. Die eerste model is die RAKE-model. Hierdie model word deur die studie voorgestel sodat die regering dit kan benut om die funksie van landelike ontwikkeling in die land uit te voer. Dit word die RAKE-model genoem omdat dit sal toelaat dat landelike ontwikkeling ingevoer word parallel met die prioriteite van die nasionale regering – dit word weer deur die sleutelverwagtings geïmplementeer.

immagine1

Dr Maria Mphahlele

Oor die navorser

Dr Maria Mphahlele is 'n landbouspesialis met 'n meestersgraad in Landbou van die Universiteit van Limpopo.

Sy het onlangs met 'n doktorsgraad in Landbou by die NWU gegradueer.

Sy het haar nagraadse sertifikate by die volgende instellings verwerf: Die Duitse Ontwikkelingsinstituut, die Regenesys-besigheidskool,
die Universiteit van Pretoria,
die Koreaanse Instituut vir Landelike Ontwikkeling
(Suid-Korea), en die Universiteit van Hongkong se Sentrum vir Kliniese Proewe (China).

Sy het uitvoerige ervaring in
die landbousektor, grondhervorming en gemeenskapsontwikkeling.

Die tweede model, genaamd die geïntegreerde uitbreidings- en landelike-ontwikkelingsmodel, word voorgestel as diensleweringsmodel wat in landbou benut kan word om die bestaande gaping wat deur die navorsingstudie uitgewys is, te oorbrug. Landbou is een van die klusters wat onder die prioriteit vir ekonomiese transformasie val. Die model maak dus voorsiening dat voorligtingsprogramme die voetsoldate van landelike ontwikkeling in landbou sal wees. Hierdie model verseker dat projekte, programme en enige sleutelintervensies in landelike ontwikkeling effektief en doeltreffend op 'n goedgekoördineerde wyse binne die bestek van die landbousektor geïmplementeer word.

Die bevindings van haar navorsingstudie toon dat die diensleweringsmodel van landelike ontwikkeling blootgestel is aan verskeie risiko's (soos swak koördinering, duplisering van dienste, konflik onder belanghebbers, ens.) wat deur die implementeerders sowel as die ontvangers daarvan veroorsaak is. Sy beveel 'n hersiening aan van die ontwikkelingsbeleid om hierdie risiko's te vermy en te voorkom.

"Hierdie studie sal help om koördinasie en samewerking tussen die regering en ander belanghebbers te verbeter deur funksionele koördineringsmeganismes te skep om die maksimum ontwikkelingsvoordele in landelike gebiede te verkry," sê dr Mphahlele.

Sy hoop ook om haar bevindings te gebruik om 'n bewustheid te skep van die risiko's waarna gekyk moet word, en om 'n verdere begrip van die risikobestuursproses in landelike ontwikkeling te kry.

 TERUG:
Hoe Afrika 'n "samelewing vir alle
ouderdomme" kan ontwikkel
 VOLGENDE:
Fulbright-vakkundige ondersoek geheime
van serpentynsteenekologie
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.