Nuus

Prof Steven de la Harpe, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte, en dosent Kagiso Masilo het die funksie vir regsalumni bygewoon.

Die uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, Clement Manoko, geniet die geselskap van alumnus Frik van Deventer, wat ’n lid van die Konvokasie se uitvoerende komitee is.

Geregtigheid seëvier toe regslui vergader

Hoewel hulle gewoonlik baie formeel geklee is en streng by die reëls van die geregshowe hou, het alumni van die van Fakulteit Regte by ’n alumnibyeenkoms in Johannesburg reg laat geskied aan die geleentheid om te ontspan.

Op 13 Junie het die Fakulteit Regte se prof Robbie Robinson 29 gaste by The View Boutique Hotel in Johannesburg verwelkom. Die uitvoerende dekaan, prof Stephen de la Harpe, het hulle oor ontwikkelinge by die fakulteit ingelig.

 

Die aand se formaliteite is deur Hannes Malan van die NWU se kantoor vir Tegnologieoordrag en Innovasiesteun afgesluit. Hy het met die alumni gepraat oor die moontlikheid om ’n nalatenskap vir toekomstige geslagte in die vorm van ’n erflating aan die universiteit daar te stel, en hoe dit gebruik sal word om projekte van die universiteit en sy studente te bevorder.

 

Daarna was dit tyd om die heerlike kos te geniet, en tot in die vroeë ure met ou professors te gesels en nuwe vriende te maak wat ook in die regsveld werk.

Hannes Malan spreek die gaste toe en moedig hulle aan om ’n nalatenskap te verseker deur ’n erflating aan die universiteit te maak.

 

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U