ONTDEK DIe NWU
Soos al ons alumni weet (sommige as gevolg van ’n eie bittersoet ervaring in die verlede), is studente berug vir hul vermoë om bier te drink … sommer báie bier. Hulle is egter minder bekend vir die brou daarvan.
Dit is presies wat die finalejaarstudente van die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese onlangs gedoen het – hulle het die geriewe van ’n brouery in Potchefstroom, Route 96, gebruik om bier te brou.
Hierdie ambisieuse ingenieurs het teen mekaar meegeding om te sien wie nie net die beste bier nie, maar ook die beste kaas en sjokolade kan produseer.
Leer kan groot pret wees … kyk na hierdie video om deel te hê aan die jaarlikse bier- en kaasdag wat die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese georganiseer het.
Lees die hele artikel hier.
dIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL