redaksioneel
INHOUD
Prof Dan Kgwadi
“Eredoktorsgrade is die manier waarop die universiteit homself vereenselwig met diegene wat ’n betekenisvolle bydrae tot die universiteit of die Suid-Afrikaanse samelewing gelewer het. Trouens, ons kan waardevolle lesse leer uit die lewe en werk van diegene wat ons vereer het.”
Beste alumni,
Groete aan julle almal met hierdie winteruitgawe van die NWU & U.
Julle sal in hierdie uitgawe lees oor die drie eredoktorsgrade wat onlangs by die NWU se gradeplegtighede toegeken is.
Adv Thuli Madonsela, dr Imtiaz Ismail Sooliman en prof Monica Ferreira het op 22 en 23 Mei hul eredoktorsgrade ontvang.
Adv Thuli Madonsela het haar eredoktorsgraad ontvang vir haar rol in die bevordering van demokrasie in Suid-Afrika, terwyl die stigter van die niewinsgewende organisasie, Gift of the Givers, dr Imtiaz Sooliman, erkenning ontvang het vir sy internasionale samewerking oor grense heen in die verskaffing van rampleniging. Prof Monica Ferreira is vereer omdat sy Afrika se mees prominente eerstegenerasie-eksponent van navorsing oor die ontwikkeling van ’n beleid oor veroudering is.
Nog ’n hoogtepunt wat vermelding verdien, is ons projek oor kultuurverandering wat hierdie jaar goeie vordering gemaak het.
Ons onderneem hierdie veranderingsinisiatief om te verseker dat ons breë institusionele kultuur die implementering van ons strategie ten volle ondersteun. Om ons droom te vervul om “’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek”, moet ons seker maak dat ons organisasiekultuur hierdie ideaal bevorder en ondersteun.
Ons het ’n ver pad gekom om ons studente se koshuislewe vry te maak van die selfvernietigende ontgroeningspraktyke wat sommige aspekte van die koshuislewe oorheers het, maar ons moet steeds regoor die universiteit ’n kultuur koester wat uitnemendheid, innoverende onderrig en leer, en baanbrekernavorsing lewer.
Sosiale insluiting en kohesie is noodsaaklike aspekte van die kultuur wat ons wil kweek. Ons diversiteit is ’n positiewe krag in die lewering van innoverende uitkomste by die NWU.
Laastens wil ek julle as belangrike NWU-belanghebbers uitnooi om aktief deel te neem en by ons betrokke te raak.
Warm groete,
![]()
Prof Dan Kgwadi
Visekanselier
dIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL