PROFIEL

Alumna Chanell Meijer het in 2014 ’n verskriklike ongeluk oorleef. “Ek glo dat ek geseën is om ander mense in soortgelyke omstandighede te wys dat met die genade van God enigiets moontlik is,” sê sy. “Ek vier my nuwe lewe en dra dit met trots – littekens, wysheid en alles.”

 

’n Paar vinnige feite

 

  • Chanell het op 18-jarige ouderdom ’n tennisbeurs van die Universiteit van Lafayette in die VSA ontvang.
  • Haar eerste werk was as tennisafrigter by die Aspetuck Country Club in Weston, Connecticut.
  • Chanell het ’n graad in rekeningkunde en finansies verwerf terwyl sy in die buiteland was, en daarna ’n nagraadse onderwyssertifikaat en ’n honneursgraad in opvoedkunde aan die NWU.
  • Sy is ’n lid van die ArcelorMittal-atletiekklub.
  • Voor haar ongeluk het sy die Comrades-marathon en verskeie Ysterman-kompetisies suksesvol voltooi.

 

Chanell, wat deur haar gesin ondersteun word, woon ’n pretdraf-fondsinsameling by wat op 11 Maart 2015 ter ere van haar gehou is. Agter haar rolstoel in die eerste foto is van links haar ouers, Yvonne en Pieter, en haar broer, Shaun. Sy was op hierdie stadium steeds in ’n rolstoel, maar het vriende en familie verbaas toe sy haar eerste treë ná die ongeluk in die openbaar gegee het.Chanell, wat deur haar gesin ondersteun word, woon ’n pretdraf-fondsinsameling by wat op 11 Maart 2015 ter ere van haar gehou is. Agter haar rolstoel in die eerste foto is van links haar ouers, Yvonne en Pieter, en haar broer, Shaun. Sy was op hierdie stadium steeds in ’n rolstoel, maar het vriende en familie verbaas toe sy haar eerste treë ná die ongeluk in die openbaar gegee het.<>

Teen alle verwagtings in: sy oorleef nie net nie, maar floreer

Dit voel of jy ’n wonderwerk aanskou as jy staan en kyk hoe Chanell Meijer haar hardloopskoene vir die weeklikse parkdraf in Vanderbijlpark vasmaak.

Benewens die feit dat sy reeds meer as 50 van hierdie tydsgebonde drafsessies voltooi het, verstom sy almal nadat sy vyf jaar gelede lewensveranderende beserings in ’n ernstige fietsongeluk opgedoen het.

 

Chanell, ’n NWU-alumna van die kampus in Vanderbijlpark, was in 2014 op die kruin van haar loopbaan as mededingende atleet en het lof ingeoes as ’n bekwame driekampatleet, langafstandhardloper, hokkiespeler, professionele tennisspeler en ervare sportafrigter.

 

As onderwyser by die Hoërskool Sasolburg het sy nie net gehelp om jongmense akademies te slyp nie, maar het sy ook as praktiese afrigter haar passie vir sport gedeel.

 

Dit het egter alles op 19 Desember 2014 verander.Op haar pad terug vanaf ’n 100 km-oefenrit, is Chanell in Vanderbijlpark van haar fiets afgery deur ’n motoris wat nie by ’n stopstraat stilgehou het nie.

 

Sy is per helikopter na ’n hospitaal in Alberton vervoer, op ’n lewensondersteuningstelsel geplaas, en was vir amper 90 dae lank in ’n koma. Neuroloë het vasgestel dat sy as gevolg van die ongeluk erge breinskade opgedoen het.

 

’n Veggees

 

Chanell gee egter nie sommer moed op nie. Hoewel sy toe nog in ’n koma was, het sy net 26 dae ná die ongeluk op haar eie begin asemhaal. Haar ouers, Pieter en Yvonne Meijer, glo dat hulle dogter se veggees haar in staat gestel het om nie net te oorleef nie, maar om ná die grootste uitdaging in haar fisieke lewe te floreer.

 

“Reeds op die dag van haar ongeluk het gebedsgroepe regoor die wêreld gevorm, en ons as gesin is omring deur die ondersteuning van die gemeenskap en die Suid-Afrikaanse sportgemeenskap,” sê Yvonne.

Hoewel die dokters nie optimisties was oor haar kanse op herstel nie, het Chanell teen alle verwagtings in een dag haar oë oopgemaak en probeer praat.

 

Haar nuwe normaal

 

“Die ongeluk het my ’n nuwe mens gemaak,” sê Chanell, en verduidelik dat sy op die ouderdom van 32 soos ’n baba was wat van voor af weer moes leer eet, stap en praat.

 

Sy erken dat hoewel haar pad na herstel moeilik was, sy krag ontvang het by haar gesin en die talle wonderlike mense wat haar ondersteun het. Die besef dat sy ’n tweede kans op die lewe gegun is, en dat daar geen terugkeer na die “ou Chanell” was nie, het haar gemotiveer om geduldig te wees.

 

Die enigste rehabilitasie-intervensie wat Chanell tans steeds ondergaan, is spraakterapie een keer elke twee weke.

 

En wat hou die toekoms vir haar in? Sy antwoord opgewonde dat sy vir haar meestersgraad in opvoedkunde gaan inskryf, langafstandhardloop gaan aanpak, en uiteindelik – eendag – vir die Comrades-marathon gaan inskryf.

 

 

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Chanell het op 1 Januarie 2016 met trots haar ArcelorMittal-atletiekhempie aangetrek om aan haar eerste 2,5 km-stap deel te neem. Hier is sy saam met Bruce Fordyce, die HUB van Parkrun SA en voormalige Comrades-kampioen. Chanell het sedert haar ongeluk reeds aan meer as 50 parkdraf-sessies deelgeneem.

Vyf maande ná haar ongeluk ontvang Chanell in haar rolstoel haar honneursgraad in opvoedkunde met onderskeiding tydens die NWU se 2015-herfsgradeplegtigheid in Vanderbijlpark. Saam met haar is die voormalige rektor, prof Thanyani Mariba, en die voormalige registrateur, Elbie Steyn.

In hierdie video gesels Chanell oor haar  pad na herstel.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U