NUUs

 

Adv Thuli Madonsela

 

Voormalige openbare beskermer adv Thuli Madonsela se stryd teen korrupsie het die NWU geïnspireer om ’n eredoktorsgraad aan haar toe te ken. Sy sê sy sien daarna uit om saam met die universiteit te werk.

 

(Klik hier om meer te lees.)

 

 

 

Dr Imtiaz Ismail Sooliman

 

Dr Imtiaz Ismail Sooliman, stigter van die nie-winsgewende organisasie Gift of the Givers, sê dit is wonderlik dat ’n akademiese instelling van sy tuisdorp, Potchefstroom, hom vereer.

 

(Klik hier om meer te lees.)

 

 

Applous toe die NWU drie groot leiers vereer

Trotse ouers staan op en juig en ululeer terwyl hulle kinders oor die verhoog stap. Broers en susters en vriende roep die name van hul geliefdes uit wanneer die visekanselier hulle grade aan hulle oorhandig.

 

Grootouers sing hul familie se stamnaam uit wanneer hulle kleinkinders in hul togas verskyn.

Klik op die beeld hierbo en kyk na hierdie video’s om in die vreugde te deel toe hierdie drie buitengewone individue hul eredoktorsgrade ontvang het.

Die vreugdevolle tonele wat in die inleiding beskryf word, is deel van gradeplegtighede regoor Suid-Afrika. Op 22 en 23 Mei was dit weer so toe die NWU eredoktorsgrade aan adv Thuli Madonsela, dr Imtiaz Ismail Sooliman en prof Monica Ferreira toegeken het.

 

Die Totius-saal op die kampus in Potchefstroom het behoorlik vibreer van opwinding toe familie, vriende en lede van die publiek hierdie luisterryke gebeurtenis bygewoon het.

 

Grade vir die beste van die bestes

 

Adv Thuli Madonsela het ’n eredoktorsgraad ontvang vir haar rol in die bevordering van demokrasie in Suid-Afrika, met die klem op goeie beheer en aanspreeklikheid.

 

Onder die talle toekennings wat sy ontvang het, is erelidmaatskap van die Botswana-balie van die Botswana Lawyers Association, die Commonwealth Lawyers Association se Truth and Justice-toekenning, en ’n plek op Time Magazine se lys as een van die top- 100 invloedrykste persone in die wêreld.

 

Sy sê hoewel dit haar sesde eredoktorsgraad is, het sy sedertdien besef dat sy en die NWU dieselfde doelwit najaag, naamlik maatskaplike responsiwiteit.

 

Kom huis toe om vereer te word

 

Die stigter van die niewinsgewende organisasie Gift of the Givers, dr Imtiaz Sooliman, het erkenning ontvang vir sy buitengewone leierskap, mensvaardighede, filantropie en oorgrens- en internasionale samewerking om hulp tydens rampe te verskaf.

 

Al is dit sy agtste eredoktorsgraad, sê hy dis vir hom ’n groot eer.

“Potchefstroom is my tuisdorp, en om ’n akademiese instelling van my tuisdorp te hê wat my vir my harde werk vereer, is ’n wonderlike ervaring. Ek is 45 jaar gelede uit die dorp weg, en dit is net hartseer dat my ouers nie hier is om hierdie geleentheid by te woon nie; hulle sou in die wolke wees,” sê hy.

 

Plaas veroudering op die wêreldverhoog

 

Prof Monica Ferreira is vereer as Afrika se mees prominente eerstegenerasie-eksponent van navorsing oor die ontwikkeling van ’n beleid oor veroudering, wat op nasionale skaal erkenning probeer verkry vir Afrika-kwessies en ’n bydrae lewer tot die internasionale gesprek oor hierdie saak.

 

Sy lewer steeds ’n aktiewe bydrae as die erevoorsitter van die enigste internasionale sentrum oor langslewendheid (International Longevity Centre, ILC) in Afrika, nadat sy saam met barones Sally Greengross in die Verenigde Koninkryk as medevoorsitter van die wêreldalliansie (Global Alliance) gedien het.

 

Die NWU sien uit na die wonderlike werk wat hierdie drie uitmuntende leiers saam met die universiteit gaan doen.

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Prof Monica Ferreira

 

Prof Monica Ferreira sê haar familie het ’n lang verbintenis met die NWU en sy is dus baie geëerd om ’n doktorsgraad van die universiteit te ontvang.

 

(Klik hier om meer te lees.)

 

 


“Om hierdie buitengewone individue te vereer, is in ooreenstemming met dit waarvoor die universiteit staan.”

- Prof Dan Kgwadi, visekanselier

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U