Die kuns- en tegnologiestudente was verantwoordelik vir die konseptualisering, ontwerp en skep van die struktuur. Akademici, sowel as kinders en volwassenes vanuit die gemeenskap, het ook aan die projek deelgeneem.

>

Projek bied nuwe insigte

 

Robert sê die projek bied nuwe insigte in leierskapsrolle, interdissiplinêre student-en-personeel-verhoudinge en gemeenskapsbetrokkenheid.

 

“In die konteks van die #RhodesMustFall- en #DecoloniseTheCurriculum-bewegings wat by Suid-Afrikaanse universiteit ervaar word, kom die rol van simbole, hetsy institusioneel of nasionaal, weer na vore. Dit dien as ʼn manier om gestalte te gee aan historiese ervaring wat dikwels skadelik en byna altyd verdelend was met betrekking tot geslag, ras en klas, en wys ook na die tot nog toe onverwesenlike 'nuwe' Suid-Afrika.”

 

Hy sê instansies het nog nie proaktief begin om saam simbole te skep as tekens van vorige ervaring of ideale vir die toekoms nie.

LEES MEER

>

>