Wanneer mens die standbeeld van naderby beskou, ontdek jy die ingewikkelde patroontjies en ongelooflike detail van die ontwerp.

>

>

LEES MEER

“Die fakulteit het in 2015 sy personeel en studente genooi om ʼn tradisionele simbool van onderwys te herinterpreteer vir ʼn nuwe, meer multikulturele, veeltalige, inklusiewe en omgewingsbewuste Suid-Afrika,” sê prof Robert Balfour, dekaan van die fakulteit, wat die projek geïnisieer het.

 

Volgens hom is die projek begin om lede van die gemeenskap – volwassenes sowel as kinders; studente sowel as akademici – te betrek om inter- en multidissiplinêre betrokkenheid by ʼn opvoedkundig ryk en kreatiewe geleentheid te moontlik maak.

 

Grootse simbool van waardes

 

Die resultaat is die indrukwekkende olifantstandbeeld, ʼn herskepping van die oorspronklike klein olifantbeeldjie van die voormalige Potchefstroomse Onderwyskollege.

 

Robert sê die onderwysdimensie daarvan het behels dat studente deur middel van interdissiplinêre werk geleer het. Dit is gedoen deur die kuns- en tegnologiestudente wat verantwoordelik was vir die konseptualisering, ontwerp, ontwikkeling en skep van die struktuur, en deur samewerking tussen akademici, kinders en volwassenes van die gemeenskap. “Daar was ʼn sterk diensleerdimensie met betrekking tot onderwysersopleiding,” verduidelik hy.