Nuus

Praktiese ervaring was die doel tydens die besoek van die dierewetenskapstudente aan Hillcrest Game Estates. Hier kry hulle waardevolle wenke oor hoe om die wetenskap wat hulle by die universiteit leer in ’n werklike situasie toe te pas.

 

Hoe om ’n wildsplaas te bestuur

 

Op 11 September 2019 het 16 studente op ʼn stoep gesit en kyk hoe die son oor ’n lowergroen heuwel opkom. Terwyl hulle die vars oggendlug inasem, het Piet Botma, die bestuurder van Hillcrest Game Estates, hulle oor hul lesse van die dag ingelig.

 

Hillcrest Game Estates, wat in Noordwes geleë is, vorm deel van ’n groot boerdery-onderneming.

 

Die gelukkige studente het die geleentheid gehad om eerstehands te ervaar wat vereis word om ’n wildplaas te bestuur.

 

Hulle moes nie net ’n aantal swartwitpense verdoof en hulle op ’n voertuig laai om DNS-monsters te neem nie, maar moes ook die bokke se horings meet en hulle volgtoestelle nagaan.

 

Dierewetenskappe maak seker studente is werkgereed

Met die huidige werkloosheidkoers onder die jeug wat op ’n ontstellende 55,2% staan, is die NWU kliphard besig om sy studente met vaardighede toe te rus wat hulle ’n voorsprong in die arbeidsmark sal gee.

Studente luister aandagtig na die teeldirekteur by Brangus Cattle Breeders tydens hulle besoek aan die Firth Red-beesplaas.

Prof Paul Lubout, ʼn dosent in dierewetenskappe wat onlangs by die NWU aangesluit het, het besluit om met ’n aantal kommersiële boere en bedryfsvennote saam te werk om sy vierdejaarstudente in landbouwetenskappe toe te rus met die praktiese ervaring wat hulle nodig het.

 

Die resultaat is ’n praktiese opleidingsvennootskap tussen die NWU en kommersiële boere en diensverskaffers. Hierdie vennootskap bied aan studente ’n kombinasie van praktiese opleiding op ’n plaas terwyl hulle nog studeer, en internskapgeleenthede wanneer hulle gekwalifiseer is.

 

“Dierewetenskap is 'n toegepaste wetenskap en studente moet praktiese ervaring hê voordat hulle op ’n plaas of in die ondersteuningsektor vir boerdery in diens geneem kan word,” sê Paul. “Hulle moet ook die wetenskap wat hulle op universiteit geleer het, doeltreffend kan toepas.”

In die video hierbo kan julle sien hoe die studente eerstehandse ervaring opgedoen het van wat dit vereis om ’n wildplaas te bestuur.

 

In die video hieronder werk die studente met beeste op die Firth Red-beesplaas.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Eerstehandse ervaring

 

’n Maand later, op 9 Oktober 2019, het die studente hulle jeans en T-hemde vir oorpakke en rubberstewels verruil.

 

Hierdie keer het hulle op die Firth Red-beesplaas eerstehandse ervaring opgedoen van wat dit behels om met beeste te werk. Firth Red, wat in ook in Noordwes geleë is, vorm deel van ’n groot boerdery-onderneming wat 400 stoetbeeste, 600 kommersiële beeste en ongeveer 80 Wagyu-beeste huisves.

 

Toe hulle daar aankom, het John Rafferty, die teeldirekteur van Brangus Cattle Breeders, die studente uitgevra oor die teelstandaarde en terminologie wat gebruik word om die diere se liggaamsdele te identifiseer.

 

Hy het ook vir hulle ’n kort lesing gegee oor die praktiese toepassing van teelstandaarde en geskatte teelwaardes.

 

Die studente het die geleentheid gehad om vyf bulle en vyf koeie te inspekteer en die geskatte teelwaarde vas te stel.

 

Hulle het ook geleer hoe om diere te identifiseer wat uitstaande genetika het wat hulle in staat sal stel om vinnig volwasse te word en uitstekende nakomelinge te produseer.

 

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U