NUUs

Alumni Precious Mncayi, dr Zandri Dickason (tans ʼn NWU-personeellid) en Phindy Mdluli is van die gaste wat die Robin Banks-werkswinkel bygewoon het.

Prof Diana Viljoen-Bezuidenhout (ook ʼn personeellid) en Abigail van Wyk is gereed om meer oor denkkrag en die waarde van optrede te leer.

Sukses is ’n keuse wat jy elke dag maak

Die Robin Banks-filosofie is eenvoudig: tem jou gedagtes, want dit kan jou help om die lewe van jou drome waar te maak, of jou grootste vrese bewaarheid.

Dit is wat die motiveringspreker Robin Banks gesê het tydens sy onlangse “Success is a Choice”-werkswinkel wat deur die NWU se bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum (EDC) en die Alumnikantoor aangebied is.

 

Robin het sy passie vir persoonlike bemagtiging met NWU-alumni en ander gaste gedeel, en beklemtoon dat die meeste mense nie die inherente krag van hul denke besef nie.

 

Hy glo ’n mens kan deur die kwaliteit van jou gedagtes die pad na sukses oopmaak, aangesien dit jou gedagtes en drome kan laat realiseer.Daar is verskeie denkkrag-opleidingstegnieke wat op die onderbewussyn as kragtige deel van die mens se denkproses fokus.

 

Robin meen deur te leer hoe om hierdie deel van jou brein te ontsluit, jy die vermoë kan verbeter van jou denke om probleme op te los, en beheer kan neem oor dinge wat jou gedagtes aflei.

 

Hy sê die volgende opleidingstegnieke kan jou help om hierdie onontginde deel van jou brein te benut: visualisering, meditasie, wegbreek uit jou gemaksone, en slaap (helder of “lucid” drome).

 

Zanele Ngobese, ’n alumniverhoudingepraktisyn by die Alumnikantoor, stem saam dat dit belangrik is vir mense om van hul besluitnemingsprosesse bewus te wees. “Ons tree te dikwels op ’n outomatiese manier op en doen dinge uit gewoonte eerder as om bewuste besluite te neem,” sê sy.

 

Elke reis begin met ’n daad

 

Volgens die motiveringspreker Robin Banks is die heel belangrikste stap om te neem wanneer jy ’n verandering wil maak – hetsy dit in jou privaat lewe, besigheid of loopbaan is – om aktief iets te doen.

 

“Optrede veronderstel aksie, en dit neem die plek in van die tyd wat jy in jou leunstoel sit en jou verandering beplan,” sê Robin, en voeg by dat optrede denke aanwakker.

 

Volgens Annelie Steenkamp, ’n verteenwoordiger van die bhive EDC, was die doel van hierdie geleentheid om die gemeenskap te motiveer en aan te moedig om nuwe geleenthede vir sukses aan te gryp en daardeur ’n beweging van proaktiwiteit aan die gang te sit – veral ten opsigte van entrepreneurskap.

 

Die bhive EDC vorm ’n dinamiese spil van entrepreneursaktiwiteit binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Robin Banks is ʼn leier op die gebied van denkkrag en persoonlike bemeestering.

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U