PROFIELE

Michelle is getroud met Dawid van Coller, wat ’n siviele ingenieur is.

Twee “hasies” speel…  Michelle van Coller speel met klein Aurodo Dlamini by die Baby College. Sy sê om ’n kind se sintuie te stimuleer, is ’n wonderlike manier om verbeeldingryke denke te ontwikkel. (Foto: Kate Miller)

Kollege vir babas: dis nooit te vroeg om te begin leer nie

Wat gedurende die eerste paar jaar van ’n kind se lewe gebeur, is deurslaggewend. Die leer wat vroeg plaasvind, beïnvloed die algehele ontwikkeling van kinders, en die volwassenes wat hulle gaan wees.

Alumna Michelle van Coller het die Baby College twee jaar gelede begin. Die klasse wat sy aanbied, is ontwerp om elke aspek van ’n kind se ontwikkeling te dek en te help om sterk neurale bane te bou wat noodsaaklik is vir vroeë breinontwikkeling en alles wat daarna geleer word. (Foto: Kate Miller)

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Alumna Michelle van Coller, wat haar BEd Grondslagfase-graad in 2007 op die kampus in Potchefstroom verwerf het, besef die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling.

 

Sy het twee jaar gelede die Baby College in Fourways in Johannesburg gestig, waar sy kinders vanaf geboorte tot drie jaar help om hul kognitiewe, sensoriese, taal- en sosiale vaardighede te maksimaliseer.

 

Dit maak alles sin

 

Babas gebruik hul sintuie om iets oor die wêreld om hulle te leer, sê Michelle. Sensoriese stimulering is gekoppel aan emosionele, kognitiewe en fisieke ontwikkeling. Al die sintuie moet met mekaar saamwerk sodat babas kan beweeg, leer en op ’n seker manier optree.

 

Sensoriese spel het ’n kalmerende effek op kinders en help hulle om hul woordeskat en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel.Dit is ook belangrik vir die ontwikkeling van die sintuie self. Namate kinders hul sintuie gebruik, leer hulle hoe om sin te maak van die verskillende stimuli wat van verskillende kante af na hulle toe kom.

 

'n Tweede taal

 

Sy moedig ook ouers aan om vir hul kinders ’n tweede taal te leer voordat hulle skool toe gaan.

 

Daar is oorweldigende navorsing wat die onderrig van ’n tweede taal op ’n vroeë ouderdom ondersteun, aangesien ’n brein van geboorte tot op die ouderdom van drie jaar vinnig ontwikkel, en dit is wanneer taalontwikkeling die maklikste is.

 

Michelle voeg by dat dit moeiliker raak om later in jou lewe nog ’n taal aan te leer. “Selfs al dink mense dat die aanleer van twee tale agterstande in spraak kan veroorsaak, is dit nie die geval nie,” beklemtoon sy.

 

Sy sê dit is natuurlik vir ’n kind om hul woordorde om te ruil, of woorde van albei tale in dieselfde sin te gebruik, maar hulle leer gou om die tale te skei.

 

Michelle se raad aan ouers is om ’n belegging in hulle kinders se vroeë jare te maak om ’n goeie grondslag vir toekomstige ontwikkeling te bou.

 

Doen ervaring op

 

Met haar NWU-graad in grondslagfase-onderwys in haar sak het Michelle in 2009 na die Verenigde Koninkryk verhuis, waar sy by verskillende kleuter- en laerskole skoolgehou het.

 

Nadat sy in 2011 teruggekom het Suid-Afrika toe, het sy verskeie grondslagfase-klasse in en om Johannesburg onderrig.

 

Hier help Michelle ’n kind by die Baby College. (Foto: Kate Miller)

 

Gereed vir 4IR

 

Met die vierde industriële revolusie om die draai, raai Michelle ouers aan om hul kinders vir die digitale era voor te berei.

 

“Ongestruktureerde speeltyd is baie belangrik vir peuters en voorskoolse kinders; hulle leer vinnig deur interaksie en gebruik hulle verbeelding.

 

Daar is verskillende apps wat julle as ouers kan gebruik om julle kinders te help leer, maar ek sou aanraai dat ouers en kinders saam na die materiaal kyk.  Dit help om ’n verhouding te bou,” sê Michelle.

 

Sy raai egter ouers aan om hulle kinders nie toe te laat om digitale toestelle ure lank te gebruik nie.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U