Nuus

Prof Nicholas Allen, die NWU se direkteur vir globale betrokkenheid, sê sy boek, Turin Shroud: Testament to a Lost Technology, is die resultaat van navorsing wat in 1988 begin is. Die boek is deur Lambert Academic Publishing gepubliseer en is op hulle webwerf beskikbaar.

 

Wat is die Turynse Kleed?

 

Die Turynse Kleed is ʼn stuk linne wat in die koninklike kapel van die Katedraal van Johannes die Doper in Turyn, Italië bewaar word. (Bron: Wikipedia)

 

Op die kleed is ’n dowwe negatiewe beeld van die voor- en rugkant van ’n bebaarde man. Talle Christene glo dat die beeld dié van Jesus Christus is. In 1898 het ’n fotograaf, Secondo Pio, ’n foto van hierdie kleed geneem en was verras om in sy negatiewe beeld ook ’n positiewe een te sien, op die oog af ’n driedimensionele beeld van ’n gekruisigde man.

 

Sedert die 19de eeu was daar talle mislukte pogings om vas te stel hoe hierdie skynbaar bonatuurlike beeld gemaak is. Daarom ken die Rooms-Katolieke Kerk steeds goddelike status aan hierdie relikwie toe.

Boek onthul die Turynse geheim

Vir baie toegewyde Christene is die Turynse Kleed die doek waarin Jesus toegedraai is toe hy ná sy kruisiging begrawe is. ’n Navorser van die NWU het egter onlangs ’n bygewerkte weergawe gepubliseer van sy boek wat hierdie oortuiging betwis en die kleed as die wêreld se oudste bestaande foto identifiseer.

Die navorser, prof Nicholas Allen, die NWU se direkteur vir globale betrokkenheid, sê sy boek, Turin Shroud: Testament to a Lost Technology, is die resultaat van navorsing wat in 1988 begin is.

 

Die Turynse Kleed was nog altyd die onderwerp van vurige debatte onder gelowiges, navorsers en geskiedkundiges. Gelowiges beskou dit as heeltemal eg en verwys onder meer na die merke van die stigmata en besonderhede van die Lydensgeskiedenis. Wetenskaplikes en geskiedkundiges regoor die wêreld het al bewyse vir en teen hierdie beweerde egtheid voorgelê.

 

“Dit fassineer my en ek glo my boek – wat deur deeglike wetenskaplike navorsing gesteun word – ondersoek hierdie produk van Middeleeuse vindingrykheid suksesvol. Dit is beslis nie die kleed waarin Christus na bewering amper 2 000 jaar gelede toegedraai is nie.”

 

Primitiewe vorm van fotografie

 

Nicholas sê wetenskaplike bewyse plaas die vervaardigingsdatum van die kleed êrens tussen 1260 en 1350. Dit beteken dit is ongeveer 500 jaar ouer as die beweerde eerste foto wat 1799 geneem is. .

 

“Ek is oortuig daarvan dat die kleed inderdaad die oudste voorbeeld van ’n primitiewe vorm van fotografie is wat ons het.”“Dit is beslis ongeveer 500 jaar gelede deur iemand gemaak wat eerstehandse kennis van onder andere die camera obscura, lense en selfs ligsensitiewe chemikalieë soos silwersulfaat gehad het.”

 

Maar waarom, indien dit in werklikheid ’n foto is, is daar so ’n groot tydsverskil tussen die kleed en die eerste gedokumenteerde foto’s? Nicholas sê wie ook al met fotografie geëksperimenteer en die kleed geskep het, het waarskynlik die kennis met hulle saam na die graf geneem.

 

“In daardie jare sou mense geëksperimenteer het, maar dit is hoogs waarskynlik dat hulle nie daardie kennis sou gedeel het om seker te maak dat dit verder ontwikkel kon word nie, aangesien hulle in afsondering gewerk het. Eeue later het ander mense op hulle eie met fotografie geëksperimenteer en daardie kennis gedeel om te verseker dat die kuns verder ontwikkel word.”

 

Eerstehande ondersoek van die kleed

 

Nicholas, wat drie doktorsgrade het en op verskeie gebiede, insluitende die skone kunste, kunsgeskiedenis, geskiedenis van tegnologie, filosofie en Grieks, aan verskillende universiteite studeer het, het die kleed in Italië as deel van sy navorsing ondersoek.

 

Hy is oortuig dat dit die produk van ’n Oer-Renaissance-kunstalent is. “Dit is heel moontlik dat benewens godsdienstige redes, die kleed ook vir geldelike doeleindes geskep is omdat die meeste van die relikwieë van daardie era wat vandag nog bestaan, juis vir daardie redes gemaak is.”

 

Nicholas se kundigheid oor die onderwerp het tot talle onderhoude asook sy insluiting in verskeie dokumentêre programme oor hierdie onderwerp deur onder andere die BBC en National Geographic gelei.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

 

Wat is die camera obscura?

 

Die camera obscura is ’n donker kamer met ’n klein opening (met of sonder ’n lens) wat outomaties enigiets wat buite daardie kamer (met ander woorde direk oorkant die opening) sigbaar is, binne die kamer sigbaar maak. Dit is die basis van die moderne kamera.

 

Die Smithsonian-kanaal het ’n kort uittreksel van een van die dokumentêre programme oor hierdie onderwerp gemaak. Klik hierbo om daarna te kyk.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U