ONTDEK DIE NWU

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Die redaksiespan het gedurende 2017 vir julle vyf uitgawes van die NWU & U gebring om julle op hoogte te hou van die jongste nuus oor die NWU en sy alumni.

Ons het daarmee ons bes gedoen om met die jongste tendense in digitale publikasie by te hou – met skryfwerk sowel as ontwerp. Ons pogings het geslaag, aangesien die NWU & U by die Suid-Afrikaanse Publikasieforum se toekenningseremonie op 28 September in Johannesburg as die tweede beste digitale publikasie aangewys is.

Wat hierdie toekenning ekstra spesiaal maak, is die feit dat die NWU & U teen groot korporatiewe instellings soos MultiChoice Suid-Afrika (wat derde in hierdie kategorie geëindig het) en ander soos Anglo American, Stad Kaapstad, Absa en Sanlam meegeding het

’n  Ekstra veertjie in die NWU se hoed is dat die NWU & U nie tweede viool gespeel het teen enige van die korporatiewe publikasies nie, maar wel teen die universiteit se eie personeelpublikasie, Eish!, wat as die beste publikasie in die kategorie vir digitale publikasies aangewys is.

Dit is egter nie al nie. Tydens die onlangse Bemarking, Bevordering en Kommunikasie in Hoër Onderwys-kompetisie (MACE-kompetisie) het die NWU & U ’n verdienstesertifikaat ontvang, terwyl die personeelpublikasie weer eens baie goed gevaar het en as die oorkoepelende wenner van die Mediavaardighede-afdeling aangewys is. In dieselfde kompetisie het die NWU se jaarverslag vir 2015 en die NWU se subdomeinwebwerf van die fakulteite elkeen ’n Goue Toekenning van Uitnemendheid gewen.

Dit is egter op die ou einde julle, ons lesers, wat die beoordelaars van julle alumnipublikasie moet wees. Stuur asseblief julle kommentaar en voorstelle aan ons om hierdie publikasie selfs nog beter te maak.

Ons korporatiewe publikasies blink uit

  • Onlangse uitgawes

  • Deel

    die NWU & U

     

    Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

     

    Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U