NUUs

Tydens vanjaar se toekenningseremonie het alumnus Heinrich Kriel ʼn Sertifikaat van Waardering ontvang.“Die universiteit het deur die jare baie vir my beteken – persoonlik én professioneel, en ek is trots en geëerd om met die instelling geassosieer toe word,” sê hy. Hy het ook sy vrou, Christelle, ontmoet terwyl hulle al twee op die kampus in Vanderbijlpark studeer het.

Ons waardeer sy goeie werk

 

NWU alumnus Heinrich Kriel het ’n Sertifikaat van Waardering ontvang vir die besondere rol wat hy gespeel het om tussen April 2012 en Junie 2017 goeie verhoudinge tussen NWU-alumni en hul alma mater te bou.

 

Gedurende hierdie periode het hy as voorsitter van die kampus in Vanderijlpark se Alumni-advieskomitee gedien, asook as lid van die NWU se Alumnivereniging.

 

Sy verhouding met die kampus dateer terug tot by die 1980’s toe hy sy studies in ingenieurswese daar begin het. Hy was een van die eerste koshuisinwoners (in ʼn groep van net 25) wat op kampus gewoon het. Hy was aktief by die studentelewe betrokke en het verskeie leiersrolle vertolk. Klik hier om meer oor Heinrich se waardevolle nalatenskap te lees.

 

NWU vereer die room van sy alumni-oes

Die NWU het op 6 Oktober in Sandton sy topalumni by ’n toekenningseremonie vereer. Hierdie jaar se toekennings het die gesogte NWU Leeftydprestasietoekenning ingesluit en ook erkenning gegee aan ʼn NWU-alumna wat in 2017 in die internasionale arena presteer het.

Die NWU-alumitoekennings is vanjaar vir die vyfde keer oorhandig. Die gesogte Leeftydprestasietoekenning het gegaan aan die voormalige rektor van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), prof Tjaart van der Walt.

 

Prof Van der Walt het van 1977 tot 1987 in hierdie hoedanigheid gedien. Hy het in 1951 ’n BA-graad aan daardie universiteit verwerf. Dit is die derde keer dat hierdie gesogte toekenning ter erkenning van buitengewone prestasies toegeken word. Vorige ontvangers sluit die voormalige president, mnr FW de Klerk, en die voormalige visekanselier van die NWU, dr Theuns Eloff, in.

 

Ander bekende alumni wat vereer is, sluit ’n kulturele leier, ’n suksesvolle entrepreneur, bekende teoloog, baanbreker in opvoedkunde, ’n dinamiese regsman, ’n geëerde navorser, buitengewone joernalis en ’n afrigtingskundige in. (Sien tekskassie hier onder.)

 

Die wenners is…

Klik op die name om meer te lees.

 

Prof Tjaart van der Walt, voormalige rektor van die PU vir CHO en buitengewone leier, Leeftydprestasietoekenning.

 

Dr Frits Kok, kulturele brugbouer en invloedryke lid van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), Kuns en Kultuur-toekenning.

 

Tamsanqa Manzi, suksesvolle entrepreneur en werkskepper, Gemeenskapsbetrokkenheid-toekenning.

 

Prof Koos van Rooy, teoloog, sendeling en Bybelvertaler, Gemeenskapsbertrokkenheid-toekenning.

 

Prof Kobus Pienaar, skrywer en hoogs aangeskrewe kundige in opvoedkunde, Opvoedkunde-toekenning.

 

Dr Sejako Senatle, SC, gemeenskapsprokureur en dinamiese regspersoon, Openbare Diens-toekenning.

 

Prof Rudi van Eldik, geëerde navorser en wetenskaplike, Navorsingstoekenning.

 

Dr Elsje Jordaan, ’n bekende sportafrigtingspesialis en pionier in die gebruik van digitale platforms om wedstrydtendense te ontleed, Sporttoekenning.

 

Daniëlla van Heerden, bekroonde joernalis, Jong Alumnus-toekenning.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Mej Heelal is ʼn NWU-ambassadeur

 

Mej Suid-Afrika – en nou ook Mej Heelal – Demi-Leigh Nel-Peters, het hierdie jaar die NWU se Ambassadeurstoekenning vir die verteenwoordiging van die universiteit en Suid-Afrika in die internasionale arena ontvang.

 

Sy volg in die voetspore van verlede jaar se ontvangers van Ambassadeurstoekennings wat Caster Semenya, Sunette Viljoen, Willem Coertzen, Elroy Gelant, Terseus Liebenberg en Jean Verster insluit.

Vanjaar se ontvangers van die NWU se gesogte Alumni-toekennings is Minette Dempsey (namens dr Elsje Jordaan), Tamsanqa Manzi, prof Kobus Pienaar, prof Koos van Rooy, dr Sejako Senatle SC, Mej Suid-Afrika en nou ook Mej Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters (NWU Ambassadeur-toekenning), prof Peter van Eldik (namens prof Rudi van Eldik), Daniëlla van Heerden, Hannie van der Merwe (namens prof Tjaart van der Walt) en dr Frits Kok.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

alumni-oes

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U