X
Voorblad
Mej Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, was een van die alumni wat vanjaar toekennings ontvang het. By haar is Abigail Leshope van die alumnikantoor in Potchefstroom.
Nuus
die NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
KLIK
DEEL
<
>
Navigasie
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
mEER INLIGTING
Alumni-groepe wat bedrae van meer as R20 000 per jaar wil skenk aan studente wat in ’n spesifieke demografie inpas, kan dit nou doen. Voorbeelde sluit in vrouestudente, studente wat vir spesifieke grade ingeskryf is, of studente wat in die alumni se voormalige koshuis woon.
Borgskappe het al ’n beduidende bydrae gelewer tot die toekoms van talle NWU-studente en hulle in staat gestel om hul studies te voltooi. In sommige gevalle waar studente uitstaande gelde gehad het, het hulle hul graadsertifikate ontvang nadat daardie geld deur borgskappe betaal is.
Riglyne vir borgskappe
As jy graag ’n bydrae wil maak, kan jy die volgende in gedagte hou:
Vorige navrae deur sakeondernemings oor spesifieke begunstigdegroepe kan gerig word aan Ronel Vorster (ronel.vorster@nwu.ac.za of 018 299 2046) vir voorgraadse begunstigdes of aan Susan van der Westhuizen (susan.vanderwesthuizen@nwu.ac.za of 018 299 2051) vir nagraadse begunstigdes.
Die NWU waardeer die ondersteuning van ons alumni en verseker julle dat elke rand ’n begunstigde sal vind.
Al hoe meer van ons alumni doen navraag oor geleenthede om behoeftige en verdienstelike studente aan die NWU te borg.
Talle van hulle het hulself al in konsortiums gegroepeer om koshuise, kampusse of studiegroepe te befonds. Die NWU moedig hierdie inisiatiewe aan en het praktiese reëlings getref om die borgskapproses makliker te maak.
Alumni en vriende wat in die VSA woon, kan nou ’n donasie aan die NWU maak deur ’n nuwe affiliasie met die King Baudouin Foundation in New York, wat hulle in staat stel om die vereiste VSA-belastingaftrekkingsertifikate te ontvang. Vir meer inligting kontak asseblief vir Mari Berner by mari.berner@nwu.ac.za, of Hannes Malan by hannes.malan@nwu.ac.za. Moedig asseblief jou vriende en familie in die VSA aan om ons universiteit te ondersteun.
Daar is talle aangrypende voorbeelde van studente wat presteer het en danksy die vrygewigheid van borge hul drome waar gemaak het.
Ons bankbesonderhede is:
ABSA
NWU Fundraising
Rekening 40-8718-2718
Verwysing: Jou konsortium se naam of jou eie