PROFIELE

 

ʼn Oog vir uitnemendheid

 

Die agentskap het destyds as Van der Walt Reklame bekendgestaan en is deur ʼn alumnus van die NWU, Milanie van der Merwe (nou Vosloo), begin. Milanie was al die jare die hoof- uitvoerende beampte en sedert die beginjare was hulle maar altyd geneë om mede-alumni aan te stel.

 

Karin sê sy het ook nie geskroom om die universiteit te skakel om voornemende personeel vir hulle aan te beveel nie.

 

“Ons het onlangs ook betrokke geraak by Afrikaans.com en ʼn hele veldtog rondom die bevordering van Afrikaans vir hulle beplan en uitgevoer.”

 

Kyk net hoe baie alumni is ons hier!

“Ons voel regtig soos ʼn groot familie en dit is wat ons so uniek maak.”

So sê een van ses alumni van die Potchefstroomkampus wat by Uppe Marketing, ʼn reklameagentskap in Kempton Park, werk.

 

Karin Stander, tans hoof vir nuwe sakeontwikkeling en rekeningdirekteur, sê sy is al 34 jaar betrokke by Uppe Marketing. “Ek het by hulle aangesluit kort ná die maatskappy ontstaan het. Ons vier vanjaar ons 36ste bestaansjaar.”

 

Leierskap en kundigheid te kies en te keur

 

Karin (née Crockart) het BA Kommunikasiekunde aan die destydse PU vir CHO studeer en in 1986 haar graad ontvang. Sy het die volgende jaar by die reklamemaatskappy aangesluit.

 

Milanie het van 1980 tot 1983 aan die PU vir CHO studeer en haar BA-graad in kommunikasiekunde verwerf. Sy was die primaria van Wag-ʼn-Bietjie Dameskoshuis (1982) en het in 1983 op die Studenteraad gedien. Haar uitsonderlike leierskap is in dieselfde jaar met ʼn Raadsmedalje beloon. Dié medalje is aan slegs een mans- en een vrouestudent toegeken.

 

Sy het pas haar titel as hoof- uitvoerende beampte aan nog ʼn alumnus, Clara Olivier, oorgegee en is tans die uitvoerende voorsitter van Uppe Marketing.

 

ʼn Gedugte span

 

Volgens Karin het Clara so ontluik dat sy nou op 27-jarige ouderdom die HUB van Uppe Marketing is. Clara het haar BA-graad in kommunikasie in 2015 en haar honneursgraad in 2016 behaal.

 

Sy was gedurende haar studentejare deel van Ontvangs- en Bekendstellingskomitee, lid van Wag-ʼn-Bietjie-dameskoshuis se huiskomitee in 2015, lid van die koshuis se debatspan, netbalspan en die serenade-groep.

 

Die ander drie alumni wat lede van Uppe Marketing-span is, is Jana Snyman (née Van der Westhuizen), Hanrie Marais (née Van der Merwe) en Daniëlle Laufs.

 

“Wat ons so uniek maak is dat ons al so lank bestaan en dat ons veral die landbougemeenskap so goed ken. Selfs ons kliënte praat van Uppe Marketing as ʼn familie.”

 

Karin Stander, tans hoof vir nuwe sakeontwikkeling en rekeningdirekteur by Uppe Marketing

 

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U