NUUS

 

NWU stel ʼn eenstopraamwerk vir nagraadse studente op eFundi bekend

 

Benewens die webblad vir nagraadse studente, het die NWU ook ʼn eenstopraamwerk op ons aanlyn e-leerplatform, eFundi, bekendgestel. Hier kan nagraadse studente en studieleiers al die inligting vind wat hulle nodig het.

 

Hierdie raamwerk verskaf ’n toegewese ruimte waar dosente inligting met hulle studente kan deel en dokumente vir hulle kan stoor.

Die kitsskakelafdeling van die blad is soos ʼn à la carte-spyskaart waar die gebruiker verskeie onderwerpe kan kies om te lees, of indiepte- aanlyn opleidingsessies kan bywoon.

 

ʼn Tegniese afdeling berei die studente vir die navorsingsverwante tegniese vereistes van nagraadse studies voor. Hulle kan hulle vaardighede in rekenaargeletterdheid evalueer en sagteware-opleiding ontvang oor vaardighede soos woordverwerking en projekbestuur wat vir navorsingsprojekte vereis word.

 

Ander afdelings sluit die ontwikkeling van navorsingsvoorstelle en -ontwerp in (gekoppel aan ’n kortleerprogram van die Optentia-navorsingseenheid). Studente kan ook ondersteuning vir hulle navorsingsprojekte vra.

 

 

In die tekskassies bespreek ons slegs twee van talle maniere waarop ons ons nagraadse studente ondersteun.

Vir nagraadse studente wag daar dalk ’n steil pad, maar hulle is nie alleen nie

Vir baie van ons wat nagraadse studies oorweeg, voel dit soos om na ’n hoë bergspits te staar. Jy weet ’n panoramiese uitsig wag op jou, maar die steilte van die klim demp die opwinding wat jy weet jy sal ervaar as jy eendag op die kruin staan.

Moenie bang wees nie, sê Pieter Moller en GP van Rheede van Oudtshoorn, jy sal nie op hierdie nagraadse reis alleen gelaat word nie.

 

Pieter en GP, wat studente vir nagraadse studies werf, noem in die video hieronder ’n paar van die dienste wat vir nagraadse studente beskikbaar is, en nooi jou uit om die webblad vir nagraadse studente te besoek. Jy sal op hierdie blad ’n magdom inligting vind wat strek van hoe om te registreer tot hoe studieleiding werk.

 

Die vraag is nie OF jy vir ’n nagraadse kwalifikasie moet inskryf nie, maar WANNEER jy daarmee wil begin, sê GP.

 

Daar steek beslis iets in – in die hedendaagse mededingende arbeidsmark het jy iets nodig wat jou van ander gegradueerdes sal onderskei. Terwyl jy jou loopbaanpad navigeer, het jy ’n X-faktor in jou bladsak nodig wat vir jou ’n voorsprong sal gee, jou vooruitsigte sal verbeter en jou sal help om die loopbaanleer ratser as jou eweknieë te bestyg.

 

Hierdie X-faktor is natuurlik jou nagraadse studies – jou snelweg om die toppunt van ʼn blink loopbaan te bereik.

In hierdie video vertel Pieter Moller en GP van Rheede van Oudtshoorn vir jou waarom jy met jou nagraadse studies moet begin.

 

Wenke van kundiges oor hoe om ’n navorsingsvoorstel te ontwikkel

 

Om ’n navorsingsreferaat te skryf, kan ’n gedugte taak wees wat tyd en inspanning verg, en dit veroorsaak dikwels ’n groot klomp angs en spanning vir studente.

 

In ʼn seminaarreeks vir nagraadse studies gee dr Tsietsi Mmutle en dr Tshepang Molale van die Skool vir Kommunikasie deskundige raad aan nagraadse studente.

 

Van die onderwerpe wat hulle dek, sluit in hoe jy jou navorsingsvoorstel ontwikkel en hoe om jou eie stem te vind. Hulle raai studente ook aan om ’n navorsingsgemeenskap met hulle medestudente te vorm sodat hulle mekaar kan motiveer en help.

 

“Navorsing kan ’n baie eensame reis wees, en daarom het jy ’n gemeenskap nodig om jou te ondersteun sodat julle saam die wa deur die drif kan trek,” sê Tsietsi. Die nagraadse seminaarreeks, wat via Zoom aangebied word, is op YouTube beskikbaar.

 

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Dr Tsietsi Mmutle (bo) en dr Tshepang Molale (onder) van die Skool vir Kommunikasie het ’n paar nuttige wenke vir nagraadse studente.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U