ONDEK DIe NWU

Dit is ons:

 

By die NWU sê ons dikwels ons gee om vir ons belanghebbers en implementeer ʼn sorgsaamheidsetiek in alles wat ons doen.

 

In hierdie video voeg ons die daad by die woord deur aan julle leiding te gee oor hoe julle, ons alumni, in hierdie moeilike tye vir julle algemene welstand kan sorg.

 

Ja, die lewe is uitdagend, stem Genevieve Poodhun van die NWU se Werknemerverhoudinge en Welstand saam, en ons kan besluit of ons wil stagneer en opgee, of aanhou om vorentoe te gaan.

 

Sy praat in hierdie video oor werks- en persoonlike welstand.

 

Een manier om vir jou werkswelstand te sorg, is om grense te stel terwyl jy van die huis af werk, en vir jou werkgewer te vra om net wanneer daar werklik probleme is, vir jou e-posse naure te stuur.

 

Dit gaan ook oor loopbaanvoorligting, om ’n kundige te kry om vir jou die vaardighede aan te leer wat jy nodig het, en om professionele hulp te soek wanneer jy sukkel.

 

Jou fisieke welstand is ook belangrik, sê Genevieve. In die video praat sy oor die waarde van ontspanning en slaap, oefening, aktiwiteite wat vir jou vreugde verskaf, en om ’n goeie verhouding met die mense in jou lewe te handhaaf.

 

Kyk mooi na jouself en hou aan vorentoe beweeg

Kyk na hierdie video om jouself daaraan te herinner hoe om behoorlik vir jou persoonlike en professionele welstand te sorg. “Byt vas, moenie moed opgee nie,” sê Genevieve Poodhun van Werknemerverhoudinge en Welstand.

 

“Doen moeite om jouself te leer ken, ontdek wat jou doel en beginsels in die lewe is, en begin om vir jou algehele welstand te sorg – dit sal jou help om meer aanpasbaar te wees wanneer jy deur moeilike tye gaan,” is Genevieve se raad.

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U