NUUS

Louis Janse van Rensburg is die organiseerder van die NWU se gholfklub vir alumni en personeel. Hy sê hulle beplan om in September ʼn gholfdag in Mahikeng en in Oktober een in Vanderbijlpark te hou, afhangende van hoe die pandemie verloop. ʼn Kampioenskap word ook vir 27 November 2021 in Potchefstroom beplan.

 

NWU-gholfklub is in die kol

 

Ons NWU-gholfklub vir personeel en -alumni groei daagliks en dien as ’n wonderlike platform vir personeel en alumni, sê Louis Janse van Rensburg van Belanghebberverhoudinge.

 

“Ons het verskeie gholfdae op die kalender en as jy op een of ander manier betrokke wil raak, of aan enige van hierdie gholfdae wil deelneem, moenie huiwer om vir my ’n e-pos te stuur nie.”

 

Brekfis en bofhoue vir alumni

Hoekom klink brekfis en bofhoue na ’n baie goeie kombinasie? Behalwe dat albei met ’n b begin, het albei ’n rol gespeel in die geleenthede wat die Alumnikantoor onlangs aangebied en aan deelgeneem het.

 

Een was ’n sakeontbyt op 29 Mei 2021 by die Doppio Zero-restaurant in Pretoria, en die ander was twee gholfdae wat in Potchefstroom gehou is.

As gevolg van die beperkings op die grootte van byeenkomste, moes die getal gaste by die sakeontbyt in Pretoria beperk word. Die voordeel hiervan was dat die gaste en die NWU-afgevaardigdes by ’n intiemer gesprek betrokke kon wees.

 

Prof Daryl Balia, adjunk-visekanselier vir inligtingstegnologie en Potchefstroomkampusbedrywighede, het die gaste oor ontwikkelings by die universiteit ingelig, sy gedagtes oor die toekoms van die NWU gedeel, en befondsingsuitdagings in die hoëronderwyssektor bespreek. Bert Sorgdrager, die voorsitter van die NWU-Konvokasie, het die gaste uitgenooi om by die Konvokasie aan te sluit.

 

Dr Alistair Mokoena, die landdirekteur van Google Suid-Afrika, was een van die gaste, en wil baie graag by toekomstige ondernemings van die NWU betrokke raak.

 

Byeenkoms op die bof

 

Die Alumnikantoor het ook saam met die NWU-Sport en die Hoëprestasie-instituut op die Potchefstroomkampus aan die twee gholfdae deelgeneem.

Hulle het tydens ’n gholfdag by die Potchefstroomse dienssentrum op 28 Mei 2021 hulle stalletjie by die derde bof ingerig.

 

’n Paar dae later, op 4 Junie 2021, was hulle terug by die Potchefstroomse Buiteklub om aan ’n plaaslike kerk se gholfdag deel te neem. Met hulle stalletjie by die sesde bof, het hulle die gholfdag gebruik om van die gholfspelers beter te leer ken, die alumnihandelsmerk uit te bou en die alumnidatabasis uit te brei.

 

Personeel het drinkgoed, verversings en handelsmerkgeskenke uitgedeel. Met 88 gholfspelers wat op 28 Mei hulle stokke geswaai het, en 120 wat op 4 Junie deelgeneem het, het hierdie geleenthede ’n ideale kans gebied om betrekkinge met ons belanghebbers te bou.

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Dit was ’n uitstekende geleentheid om netwerke te bou met NWU-vriende en  belanghebbers deur op 4 Junie 2021 aan ’n gholfdag in Potchefstroom deel te neem. Van links is Frik de Beer, Ruan Kotze, Johan Grobler en Elmor Kruger.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U