NUUS

 

Versterk ons planne vir ’n mediese skool

 

Nicolize van der Walt, afdelingshoof van die Alumnikantoor, sê die NWU is van plan om ’n mediese skool  tot stand te bring, die besoek aan die hospitale die bykomende bonus gehad het om ons verhouding met hierdie geriewe verder te versterk.

 

Die moontlikheid om ’n mediese skool te stig, is so lank gelede as in 2006 geopper, maar dit was eers in 2017 dat die beplanning van die grond af gekom het. ’n Gesamentlike taakspan is gestig nadat die NWU se taakspan vir die mediese skool op 26 Maart 2021 met Noordwes se provinsiale leierskap vergader het.

 

Sodra die finale goedkeuring deur die relevante owerhede gegee word, sal die NWU die 11de universiteit in die land word wat ’n mediese skool het.

 

Hierdie besoeke was die regte medisyne

Vrolikheid om die mediese personeel se gemoedere tydens die Covid-19-pandemie ’n bietjie te lig, was net mooi wat nodig was, veral omdat hierdie vrolikheid deur ’n yslike arend genaamd Eagi oorgedra is.

 

Die NWU se maskot, Eagi, het sy beste – en snaaksste – voet voorgesit toe hy ’n klompie lede van die NWU op besoeke aan verskeie hospitale en klinieke om ons drie kampusse vergesel het.

Hierdie besoeke aan mediese geriewe in Mahikeng, Potchefstroom/Klerksdorp en Vanderbijlpark in Mei het saamgeval met internasionale Verpleegstersdag, wat op 12 Mei gevier word.

 

Alumnikantoor vat voor

 

Die Alumnikantoor was aan die spits van hierdie projek met die doel om vir verpleegkundiges te wys hoeveel hulle werk in die voorste linies waardeer word.

 

“Tydens verskeie kort byeenkomste met die hospitaalbestuur was dit duidelik dat verpleegkundiges geweldige druk en uitputting ervaar,” sê Nicolize van der Walt, afdelingshoof van die Alumnikantoor.

 

“Ons het Eagi saamgeneem om hulle ’n bietjie op te beur, met die hoop dat sy manewales hulle ’n paar minute lank kan help vergeet van siekte, lyding en dood.”Hulle besoeke is ook deur die goeie wense van prof Dan Kgwadi, NWU se visekanselier, vergesel.

 

“’n Spesiale woord van dank aan al die verpleegkundiges wat onverpoosd in die voorste linies werk. Bly asseblief veilig tydens hierdie pandemie,” het sy boodskap gelui.

 

’n Veertjie in ons hoed

 

Benewens dat hulle vir die gesondheid en welstand van NWU se studente, personeel en gemeenskappe verantwoordelik is, word die hospitale in die gebiede wat ons kampusse omring ook as opleidingsgeriewe vir ons verpleegkundestudente gebruik.

 

“Ons voel nederig wanneer ons die terugvoer van hierdie geriewe ontvang dat hulle ons studente se werksetiek, vaardighede en die gehalte van hulle werk waardeer,” sê Nicolize, en voeg by dat van die geriewe selfs gevra het dat daar meer studente vir praktiese ervaring by hulle geplaas word.

 

“Dit was ’n veertjie in ons hoed om te besef dat die NWU werklik verpleegkundiges en alumni van die hoogste gehalte lewer.”

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Prof Linda du Plessis, adjunkhoof en adjunk-visekanselier vir geïntegreerde beplanning en Vanderbijlparkkampusbedrywighede (tweede van links), het die Emfuleni Mediclinic in Vanderbijlpark besoek. Saam met haar is alumniverhoudingepraktisyn Zanele Ngobese (heel links), Janine Arendse, die hospitaal se algemene bestuurder, en Eileen de Beer, die sakevennoot van mensehulpbronne.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U