X
NUUs
INHOUD
Ons nuwe Mej Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het in 2016 gegradueer. By haar is dr Bertus le Roux wat vir hoër grade en seremonies op die NWU se kampus in Potchefstroom verantwoordelik is.
Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die NWU se kampus in Potchefstroom, sê Demi-Leigh het die universiteit trots gemaak. Hier is hy saam met haar in die rektorskantoor nadat sy as finalis in die kompetisie aangekondig is.
Toe die 21-jarige Demi-Leigh Nel-Peters op 26 Maart as Mej Suid-Afrika 2017 aangewys is, het die hele NWU en al sy belanghebbers saam gejuig. Vir die eerste keer in die geskiedenis was dit ʼn alumna van die NWU wat met die kroon weggestap het.
Demi-Leigh, oorspronklik van die Wes-Kaap, het haar BCom-graad in besigheidsbestuur en entrepreneurskap in 2016 aan die NWU se kampus in Potchefstroom behaal. In 2015 het sy die NWU verteenwoordig toe sy as die nasionale Mej Varsitybeker aangewys is.
“Ons is trots daarop dat ons goed afgeronde studente lewer,” het prof Dan Kgwadi, die visekanselier, ná die aankondiging gesê.
“Veels geluk! Jy het die NWU trots gemaak.”
“Die prestasie van Demi-Leigh is weereens ʼn bewys van ons strewe om ons studente toe te rus om ʼn verskil te maak in watter sfeer van die samelewing hulle hul ook al mag bevind,” het prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die NWU se kampus in Potchefstroom, gesê.
Demi-Leigh sal binnekort na haar alma mater toe teruggenooi word sodat die NWU hierdie prestasie saam met haar kan vier.
As Mej SA het sy R1 miljoen en ander pryse soos ʼn splinternuwe motor, mediese versekering, grimering, juwele, haarsalon-behandelings, droogskoonmaakdienste, bagasie en parfuum gewen.
KLIK
DEEL
<
>
Navigasie
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
VIDEO
MEER INLIGTING
Voorblad
Studente verwelkom Herfs toe sy op die NWU se kampus in Vanderbijlpark opdaag, uitgevat in goue karamel en heuningrige geel.
X
Contents
Contents
NWU & U