X

NUUs

Dr Magome Masike, die provinsiale LUR vir Gesondheid, (links) het die onthulling van die verpleegkundegebou bygewoon. By hom is prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier.

NWU onthul

moderne verpleegkundegebou

Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, het die vierings tydens die amptelike onthulling van die verpleegkundegebou van R37 miljoen op die kampus in Mahikeng gelei.

Die gebou spog met 10 tutoriaal- en lesingsale met moderne toerusting, ’n nagraadse seminaarkamer, ’n hulpbronsentrum, hoëtegnologie-simulasievertrekke, anatomie- en fisiologielaboratoriums, en ’n probleemgebaseerde leersentrum (PBL).


“Hoewel die gebou reeds in 2015 voltooi is, het ons gevoel dit is belangrik om ’n openbare geleentheid te hou om die gebou, die personeel en studente, en die prestasies van Verpleegkunde oor die afgelope sowat 30 jaar te vier,” sê prof Helen Drummond, waarnemende dekaan van die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie.


Lewer dinamiese verpleegkundiges

 

Die hoofdoel van Verpleegkunde is om dinamiese verpleegkundiges op te lei wat kundige gesondheidsorg in hul gemeenskappe kan lewer. Om dit te bereik, word ’n baccalaureus- asook ’n honneurs-, meesters- en doktorsgraad in verpleegkunde aangebied.

 

Volgens dr Hunadi Rakhudu, die hoof van Verpleegkunde, is die departement se visie om in ’n skool en later in ’n volwaardige fakulteit te ontwikkel. Hierdie visie is goed op dreef. Bykomend tot die nuwe gebou het Verpleegkunde verskeie memoranda van verstandhouding (MvV) met ander instellings onderteken, insluitende die McMaster en Johns Hopkins Universiteit in die Verenigde State.

 

Hierdie MvV’s het personeel van die NWU en die Noordwes Provinsiale Verpleegsterskollege in staat gestel om jaarlikse praktiese opleiding in die buiteland by te woon. Ses dosente in verpleegkunde het die Johns Hopkins Universiteit vir ’n PhD-program bygewoon en het intussen gegradueer.

 

Hoop vir die toekoms

 

Prof Kgwadi, wat by die amptelike opening van die gebou gepraat het, het die geleentheid gebruik om sy optimisme oor die toekoms van die universiteit uit te spreek.

 

“Dit is tegelykertyd ’n boodskap van dankbaarheid vir wat in die verlede bereik is, en ’n boodskap van hoop vir dit waarna ons streef. Die Noordwes-Universiteit is ’n plek vir optimiste en probleemoplossers, ’n plek vir presteerders en leiers. Laat julle gemaksones agter en omhels die uitdagings wat nie bloot meer ‘voorlê’ nie, maar reeds deel van ons lewens is,” het hy gesê.

 

Die provinsiale LUR vir Gesondheid, dr Magome Masike, was ook teenwoordig. In sy toespraak het hy die bestuur en belanghebbers gelukgewens met ’n “baanbrekerprestasie wat sekerlik betekenisvol” tot die uitskakeling van die tekort in die nasionale gesondheidprofessies sal bydra.

 

Dr Masike, wat reeds meer as 30 jaar lank ’n dokter is, sê dat hy dit waardeer dat die universiteit verpleegonderwys ernstig opneem. “As ’n land het ons dringend verpleegkundiges nodig om siektes te beveg en voorkomende gesondheidsorg eerder as ’n genesende model te bevorder.”

 

Die Skool vir Verpleegkunde het 19 akademiese en twee ondersteuningspersoneellede. Daar is vier professors, ses dokters en sewe meerstersgraaddosente. Die skool het vanjaar meer as 350 geregistreerde studente op verskillende vlakke.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

 

Kyk hoe werk dit

 

Die moderne toerusting in die verpleegkundegebou stel die studente in staat om deur simulasie te leer. Klik op die beeld hieronder om te sien hoe dit werk.

NWU & U  |

NWU & U  |