X
NUUs
INHOUD
Die Noordwes-Universiteit se “Meal-a-Day”-projek het die afgelope agt jaar ’n belangrike bydrae tot die fisiese welstand van studente gelewer.
“Ek is seker ons stem almal saam dat een maaltyd ’n dag nie genoeg is nie, maar dit is ’n goeie plek om te begin as jy behoeftige studente wil help om hul volle potensiaal te ontwikkel,” sê Maria Mopelong, koördineerder vir fondsinsameling en ontwikkeling.
Die NWU ontvang elke jaar meer as 1 000 Meal-a-Day-aansoeke op al sy kampusse, en die behoefte is selfs groter as wat die getalle aandui, aangesien nie almal om hulp vra nie. Die aanduidings is dat die behoefte die beskikbare hulpbronne ver oorskry.
Die Fondsinsamelings- en Ontwikkelingskantoor, in samewerking met die NWU se drie kampusse, bedryf die Meal-a-Day-projek, wat aan behoeftige studente ’n maand se voorraad noodsaaklikhede gee, wat klere, toiletware en genoeg kos vir een maaltyd ’n dag insluit.
Die jongste skenker om hierdie verdienstelike projek te ondersteun, is Tiger Brands, ’n JSE-genoteerde vervaardiger en bemarker van vinnig bewegende verbruikersgoedere. Hulle skenking sal help om baie leë mae te vul. Hulle het vroeg in Maart groot hoeveelhede voedselitems geskenk, en onderneem om voort te gaan om gereeld kos aan die projek te skenk.
Voorvalle van ondervoede studente wat tydens lesings flou val, is ongelukkig ’n groeiende realiteit op al die kampusse.Ondervoeding is ’n groot uitdaging
’n Toenemende getal studente sukkel om teen die einde van die jaar met hulle geld uit te kom, sê Maria. “Wanneer Barmhartige Samaritaan-medestudente nie hulle hulp kan volhou nie, nader hulle gewoonlik Meal-a-Day namens die behoeftige studente vir hulp.”
Die toename in versoeke om hulp het die programadministrateurs gedwing om streng keuringskriteria toe te pas. Slegs behoorlik ingevulde aansoeke met die vereiste stawende dokumente word oorweeg.
Studente se studievordering word ook streng dopgehou, en hulp word gestaak as die student se prestasie nie aan die gestelde akademiese kriteria voldoen nie. Die hulp word grootliks beperk tot behoeftige studente met beurse wat nie vir kos voorsiening maak nie.
Toegewyde spanne agter Meal-a-Day
’n Ambisieuse program soos Meal-a-Day is nie sonder ’n toegewyde span moontlik nie. Die fondsinsameling- en ontwikkelingspan is voortdurend op soek na potensiële skenkers om die program te ondersteun. Aansoeke word deur voltydse en vrywillige maatskaplike werkers en sielkundiges gekeur.
Daar is ook ʼn implementeringspan met verteenwoordigers van al die kampusse, wat by die monitering van aansoeke betrokke is.
Die NWU se studente is nog ’n sterk krag in die stryd teen ondervoeding.Studente samel niebederfbare kos deur projekte soos Jool in.
Die Big Prim-inisiatiewe in die koshuise, veral dié op die NWU se kampus in Potchefstroom, verskaf onopvallende maar betekenisvolle steun aan behoeftige inwoners. Daar is ook ander anonieme ondersteuners.
Jy kan ’n verskil maak
Maria sê studente, personeel, alumni en vriende sal binnekort aanlyn tot Meal-a-Day en ander verdienstelike universiteitsprojekte kan bydra. Sy doen ’n beroep om ondersteuning. “Jy kan ʼn verskil maak,” sê sy.
Belangstellendes kan Maria by maria.mopelong@nwu.ac.za of 018 285 2596 kontak.
KLIK
DEEL
<
>
Navigasie
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
VIDEO
MEER INLIGTING
Voorblad
Studente verwelkom Herfs toe sy op die NWU se kampus in Vanderbijlpark opdaag, uitgevat in goue karamel en heuningrige geel.
X
Contents
Contents
NWU & U