X
NUUs
INHOUD
Die NWU se alumnikoördineerders het weer eens ’n wye verskeidenheid geleenthede georganiseer om by die uiteenlopende voorkeure van ons alumni te pas.
Gedurende die eerste maande van 2017 was die alumnikoördineerders op die NWU se kampus in Mahikeng omtrént besig. Behalwe vir die benoemings vir die alumnitoekennings, is die alumnikantoor op daardie kampus – as deel van die groter herstrukturering van die NWU – geherstruktureer, en het hulle na nuwe kantore getrek.
Op 25 April het hulle ’n reünie aangebied vir hulle alumni wat vervoerekonomie studeer het. Binnekort – op 2 Junie – word ’n splinternuwe alumni-afdeling (“chapter”) in Bloemfontein gestig. Wees op die uitkyk vir artikels en foto’s van hierdie geleenthede in volgende uitgawes van die NWU & U.
Koningsfees in George
Op 30 Maart 2017 was die Protea Hotel King George in George die toneel van ’n viering deur die alumni van die NWU se kampus in Potchefstroom.
Prof Fika Janse van Rensburg, die waarnemende kampusrektor, het die ongeveer 60 alumni, ouers en huidige studente in George toegespreek. Hier is hy saam met Abigail Leshope van die NWU se alumnikantoor en alumnus Cyril Scholtz.
Alumnikoördineerders verantwoordelik vir die kampus in Potchefstroom beplan die volgende funksies vir die nabye toekoms:
Vir meer inligting oor hierdie gebeurtenisse, kontak Abigail Leshope by 018 285 2669 of abigail.leshope@nwu.ac.za.
Soos elders in hierdie uitgawe berig word, het die alumni van die NWU se kampus in Vanderbijlpark vroeër hierdie jaar ’n ontbytbyeenkoms gehad waar die nasionale Begroting bespreek is.
Hierdie kampus het ook alumnikoördineerder Alwine Naudé gegroet, wat ná 10 jaar diens aan die NWU afgetree het, en Zanele Ngobese verwelkom, wat op 2 Mei die leisels by Alwine oorgeneem het.
Op 12 Mei het alumni Charles Matubule en Vincent Kheswa ’n werkswinkel oor werksonderhoude en die skryf van CV’s aangebied. Dit was ’n alumni-inisiatief om jong gegradueerdes te bemagtig sodat hulle die werkplek met selfvertroue kan betree.
KLIK
DEEL
<
>
Navigasie
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
VIDEO
MEER INLIGTING
Voorblad
Studente verwelkom Herfs toe sy op die NWU se kampus in Vanderbijlpark opdaag, uitgevat in goue karamel en heuningrige geel.
Gedurende die eerste maande van 2017 was die alumnikoördineerders op die NWU se kampus in Mahikeng omtrént besig. Behalwe vir die benoemings vir die alumnitoekennings, is die alumnikantoor op daardie kampus – as deel van die groter herstrukturering van die NWU – geherstruktureer, en het hulle na nuwe kantore getrek.
Op 25 April het hulle ’n reünie aangebied vir hulle alumni wat vervoerekonomie studeer het. Binnekort – op 2 Junie – word ’n splinternuwe alumni-afdeling (“chapter”) in Bloemfontein gestig. Wees op die uitkyk vir artikels en foto’s van hierdie geleenthede in volgende uitgawes van die NWU & U.
Koningsfees in George
Op 30 Maart 2017 was die Protea Hotel King George in George die toneel van ’n viering deur die alumni van die NWU se kampus in Potchefstroom.
Prof Fika Janse van Rensburg, die waarnemende kampusrektor, het die ongeveer 60 alumni, ouers en huidige studente in George toegespreek. Hier is hy saam met Abigail Leshope van die NWU se alumnikantoor en alumnus Cyril Scholtz.
Alumnikoördineerders verantwoordelik vir die kampus in Potchefstroom beplan die volgende funksies vir die nabye toekoms:
Vir meer inligting oor hierdie gebeurtenisse, kontak Abigail Leshope by 018 285 2669 of abigail.leshope@nwu.ac.za.
Soos elders in hierdie uitgawe berig word, het die alumni van die NWU se kampus in Vanderbijlpark vroeër hierdie jaar ’n ontbytbyeenkoms gehad waar die nasionale Begroting bespreek is.
Hierdie kampus het ook alumnikoördineerder Alwine Naudé gegroet, wat ná 10 jaar diens aan die NWU afgetree het, en Zanele Ngobese verwelkom, wat op 2 Mei die leisels by Alwine oorgeneem het.
Op 12 Mei het alumni Charles Matubule en Vincent Kheswa ’n werkswinkel oor werksonderhoude en die skryf van CV’s aangebied. Dit was ’n alumni-inisiatief om jong gegradueerdes te bemagtig sodat hulle die werkplek met selfvertroue kan betree.
X
Contents
Contents
NWU & U