nuus

Prof Riaan Rheeder, senior lektor by die Skool vir Kerkwetenskappe, sê hy hoop meer studente sal kies om op nagraadse vlak bio-etiek te studeer, aangesien dit ’n belangrike rol in die samelewing vervul.

 

Een van die brandende kwessies wat deel is van die studie van bio-etiek is genetiese manipulasie.

Eenheid vir bio-etiek kyk na morele kwessies

In die moderne wêreld waar mense deurgaans deur etiese en menseregtedilemmas gekonfronteer word, is dit belangriker as ooit om oplossings vir brandende morele kwessies te vind.

 

Die NWU se Fakulteit Teologie het hul gewig by die wêreld ingegooi en hanteer hierdie kwessies deur sy Eenheid vir Bio-etiek.

Bio-etiek is die studie van etiese kwessies wat voortspruit uit vordering op biologiese en mediese gebied, en gee insig in morele vrae oor mediese beleid en praktyk.

 

Vir Suid-Afrikaners is dit veral relevant in die konteks van menseregte. Dit is waarom die NWU se teologiestudente in hulle honneurs- en hulle tweede jaar verpligte modules oor bio-etiek as deel van hulle kursus moet voltooi.

 

“Ons glo dat bio-etiek studente toerus om in ’n mediese en navorsings-omgewing te verstaan wat reg en verkeerd is.”“Dit help hulle ook om hul maatskaplike verantwoordelikheid en hul plig teenoor die omgewing binne ’n demokrasie te besef,” sê prof Riaan Rheeder, senior lektor by die Skool vir Kerkwetenskappe.

 

Skuif van mediese etiek na bio-etiek

 

Hy verduidelik dat daar in die 1970’s ’n sterk fokus op mediese etiek was in die verhouding tussen dokters en pasiënte. “Dokters het gewoonlik al die besluite geneem oor hoe om ’n pasiënt se gesondheid te help verbeter. Dit het later in die 1970’s verander toe die fokus van mediese etiek na bio-etiek verskuif het.”

 

Dit het beteken dat gesondheidskeuses nie meer slegs by dokters berus het nie, maar ook die pasiënt se eie verantwoordelikheid geword het.“Kanker is byvoorbeeld aanvanklik as bloot ’n biologiese kwessie beskou, maar in die moderne wêreld besef ons dat sosiale en omgewingsfaktore ook belangrike rolle speel waar dit die behandeling en menseregte van pasiënte raak. Al hierdie faktore moet in ag geneem word wanneer keuses oor behandeling geneem moet word.”

 

Riaan sê bio-etiek sluit ook mediese etiek in. Ander brandende kwessies wat deel is van die studie van bio-etiek sluit onder meer aborsie, om met waardigheid te sterf, genetiese manipulering en die reg op gesondheidsorg in.

 

UNESCO se verklaring

 

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO) het ’n verklaring oor bio-etiek en menseregte (UDBHR) opgestel, wat in 2005 aanvaar is.

 

Lidlande, waaronder Suid-Afrika, het die UDBHR onderteken. Dit behels nadenke oor maatskaplike veranderinge en globale balanse wat deur wetenskaplike en tegnologiese ontwikkelinge teweeggebring is.

 

Die NWU is een van die akademiese sentrums in die wêreld waar eenhede geskep is om die UDBHR te bevorder.Riaan sê hulle doen dit om menseregte as deel van die kurrikulum te bevorder en die belangrikheid en implikasies van die verklaring vanuit ’n Christelike perspektief met studente te bespreek.

 

“Ons eenheid is deel van UNESCO se netwerk van verskillende skole en projekte. Die hoof van die UNESCO-sentrum kommunikeer met akademiese sentrums deur ’n internasionale organiseringskomitee wat uit voorsitters van regoor die wêreld bestaan. Ons eenheid rapporteer aan die Afrika-voorsitter, wat op die vasteland optree. Ons werk saam met hulle om ’n bewustheid oor bio-etiek en menseregte te skep.”

 

Riaan hoop meer studente sal kies om op nagraadse vlak bio-etiek te studeer, aangesien dit ’n belangrike rol in die samelewing vervul.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Deesdae besluit pasiënte hoe hulle deur dokters behandel wil word en dokters speel ’n meer raadgewende rol.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U